Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sunette se R1 m.-eis teen Skip begin dié week
Die sangeres Sunette Bridges se skadevergoedingseis van sowat R1 miljoen teen mnr. Deon (Skip) van Jaarsveld, wat haar vyfde man sou wees, word Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor. Bridges, ’n ma van twee jong kinders, eis vir die skade wat sy glo gely het weens Van Jaarsveld se beweerde onregmatige verbreking van hul verlowing in 2006. Van Jaarsveld, ’n boer van Patensie in die Oos-Kaap, staan dié eis teen en gee verskeie redes vir die “regmatige beëindiging” van die verlowingsooreenkoms. Bridges voer in hofstukke aan dat Van Jaarsveld opgetree het om haar gevoelens te skaad omdat hy haar versoek het om die troue se uitnodigings aan verskeie mense te stuur. Sy is ’n bekende sangeres en die huweliksluiting is in die populêre media gepubliseer, word aangevoer. Van Jaarsveld voer in sy hofstukke aan dat enige publikasie in die populêre media slegs te wyte aan Bridges se toedoen was. Sy het haar vóór en ná die beëindiging van die verlowing deurgaans tot die media gewend, “oënskynlik om goedkoop publisiteit te ontlok”, word beweer. Luidens hofstukke het Van Jaarsveld sy bedenkinge oor die troue met Bridges gedeel. Sy het toe ’n ultimatum aan hom gestel om te besluit, waarna hulle ooreengekom het om die verlowing te beëindig. Van Jaarsveld voer aan dat sy verskeie vorige onsuksesvolle huwelike gehad het en hy onder die omstandighede nie kans gesien het om met die huwelik voort te gaan nie. Die voorverhoorkonferensie tussen die partye het glo die afgelope Vrydag plaasgevind. Beeld het vroeër berig die troue sou op 14 Januarie 2006 in die Boardwalk-casino se Tsitsikamma-konferensiesentrum plaasvind. Sowat 180 gaste was genooi. Bridges se bloedrooi trourok deur die Pretoriase ontwerper Thomas Thomson het glo sowat R12 000 gekos.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|