Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Bure se kamera verfilm rooftog waarin koeël deur staaldeur dring
May 11 2008 09:48:39:683PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Amanda Tongha


Die Oos-Randse polisie hoop dat video-opnames wat buite ’n huis in Glenvista gemaak is, hulle sal help om ses rowers aan te keer nadat ’n man van dié buurt dwarsdeur ’n staaldeur in sy slaapkamer in die bors geskiet is.

Mnr. Willem Grobler (34) en sy vrou, Justine, is Woensdag by hul huis in Mount Pellanstraat aangeval, ondanks streng veiligheidsmaatreëls.

Grobler, wat vermoedelik twee keer in die bors getref is, is in die Unie-hospitaal in Alberton opgeneem en is steeds aan ’n asemhalingstoestel gekoppel.

Beeld het Saterdag berig dat die egpaar sowat R50 000 bestee het om hul huis te beveilig nadat hulle in Oktober ’n gewapende rooftog in hul huis oorleef het.

’n Geëlektrifiseerde heining, ’n alarmstelsel en ’n slaapkamerdeur van staal is van die veiligheidsmaatreëls wat getref is.

Grobler is gewond nadat dele van ’n AK 47-aanvalsgeweer se koeël deur die staaldeur is en sy longvlies binnegedring het.

Volgens kapt. Johan du Toit, polisiewoordvoerder, het veiligheidskameras van bure oorkant die straat die rooftog op kamera vasgelê en is vasgestel twee voertuie is in die rooftog gebruik. Du Toit wou nie sê watter soort voertuie gebruik is nie, maar sê dit is duidelik identifiseerbaar.

Hy sê daar is ook vasgestel dat een van die voertuie betrokke was by ’n rits ander rooftogte in die omgewing.

Grobler se ma, Ignet, het gister aan Beeld gesê hoewel haar seun nog nie nie self kan asemhaal nie, gaan dit reeds beter met hom.

“Hy is nog onder swaar verdowing en dokters is stadig besig om hom te speen van die asemhalingsmasjiene.

“As dit nie vir daai staaldeur was nie, was hy dood.”

Grobler se vrou, wat nie beseer is in die rooftog nie, bly intussen by haar ouers en sê sy dink nie sy sal ooit weer na hul huis terugkeer nie. Mev. Grobler sê sy en haar man gaan dalk na ’n veiligheidskompleks trek.

Justine, wat in Julie saam met haar ma na werkgeleenthede oorsee sou gaan kyk het, sê emigrasie is ook nie uitgesluit nie en dat sy saam met haar man sal besluit sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |