Raad vir die vraat
Beheervraat? Lees die volgende definisies en besluit self.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Soeke na iets positiefs’ lok duisende na Angus
May 11 2008 09:48:33:620PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Angus Buchan voor die skare van duisende in Vanderbijlpark. Foto: Mario van de Wall
Verwante Berigte
  • 'God is 'n vriend van sondaars'
  • Christene wêreldwyd bid saam
  • Neels Jackson


    njackson@beeld.com

    Van ’n behoefte aan “die herlewing wat ons land nou nodig het” tot nuuskierigheid en selfs jaloesie.

    Dit is van die redes wat mense Saterdag aangevoer het waarom hulle na die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark gestroom het om na die evangelis-boer Angus Buchan te gaan luister.

    Die skare was nie naastenby die 64 000 wat die organiseerders verwag het nie, dalk ook nie die 32 000 waarvan hulle agterna van gepraat het nie, maar nietemin genoeg om ’n paviljoen met 2 500 sitplekke, ’n rugbyveld en groot stukke grasperk om die noordelike helfte van die rugbyveld taamlik vol te pak.

    Mnr. Johan Bisschoff van Vereeniging het gesê die Afrikanervolk en die hele land is op soek na iets positiefs. Dit klink vir hom of dié saamtrek die regte plek is om daarna te kom soek.

    Mnr. Johnny van Dyk van Vanderbijlpark het gesê Buchan het ’n boodskap. Daar is baie kommer oor die situasie in die land, maar as almal na die Here kyk, sal dinge regkom.

    Verskeie mense wat al Buchan se boeke gelees het en die rolprent oor sy lewe gesien het, het die kans aangegryp om hom die eerste keer in lewende lywe te sien.

    Mnr. Willem Nienaber van Vanderbijlpark het gesê hier binne weet jy Buchan se boodskap kom van die Here af. Dit gee ’n mens moed en inspirasie om te sien daar is mense wat omgee vir ander.

    Me. Ina Rautenbach van Alberton het gesê Buchan is absoluut uitverkoop aan die Here. Haar man, mnr. Corrie Rautenbach, het gesê dit gaan vir hulle nie oor Buchan nie, maar oor die Here. Hulle is nie “fan-mense” nie.

    Me. Claudia Knoetze, wat as Katoliek grootgeword het, maar haarself nou as wedergebore Christen bestempel, sê Buchan is gesalf deur God. Dis nie hy wat dit alles doen nie, dis die Heilige Gees.

    Mnr. Riaan Greef van Vaalpark, Sasolburg, het gesê hy was by die Mighty Men-konferensie in Greytown en dit was vir hom ’n lewensveranderende ervaring. Hy het sy gesin gebring om ook na Buchan te kom luister.

    Sy vrou, Amanda, het gesê sy wil kom kyk wat het hulle met haar man aangevang, want dit het beslis gewerk.

    Mev. Nellie van Vuuren van die NG gemeente Klipvallei het ’n jeuggroep gebring om na Buchan te luister. Sy sê sy was groen van jaloesie dat sy nie by die Mighty Men-konferensie kon wees nie.

    Vir party mense was die blote teenwoordigheid van so baie Christene ’n inspirasie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |