Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
SAKP se Mbeki-plan vou
Die Kommunistiese plan om pres. Thabo Mbeki uit sy pos te verdryf, het misluk. Mbeki bly aan, en daar is nie tans planne van die ANC/SAKP/Cosatu-alliansie om van hom ontslae raak nie. Dié versekering is gister op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gegee deur mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, nadat die drie lede van die alliansie die naweek in Midrand vergader het. Die SAKP het wel ’n versoek tot die beraad gerig dat Mbeki deur die ANC “teruggeroep” en dus vervang word, maar die versoek is deur die beraad afgewys. “Daar is aspekte waaroor ons verskil, maar ons gaan hom nie in die beskuldigdebank plaas of van hom ’n sondebok maak nie,” het Mantashe geantwoord op bewerings dat Mbeki eersdaags uit sy pos gaan wees. Die alliansievennote het wel laat blyk hulle is ontevrede met die Mbeki-regering se hantering van verskeie kwessies, soos die styging in voedsel- en brandstofpryse, hoë vlakke van werkloosheid, die kragkrisis en Zimbabwe. Toe Mantashe gister tydens ’n mediakonferensie saam met mnr. Zwelinzima Vavi van Cosatu en dr. Blade Nzimande van die SAKP gekonfronteer is, het niemand die spanning ontken nie. Dit is welbekend dat Mbeki tot dusver die ANC se versoek dat Mbeki die huidige onderleier van die ANC, mnr. Kgalema Motlanthe, in die kabinet aanstel, ignoreer. Motlanthe, wat die mediakonferensie vanuit die agterste gestoeltes dopgehou het, het geskerts dat hy eersdaags ’n parlementêre agterbanker gaan word. Hoewel Mbeki as ANC-lid aan partydissipline onderworpe is, is dit net die president wat kragtens die Grondwet die prerogatief het om byvoorbeeld kabinetslede aan te stel of in te gryp in die SAUK-raad. Mantashe het bevestig dat Mbeki ’n ontplooide kader van die ANC is, maar gesê dit moenie misverstaan word nie. Geen bevele sal aan hom gegee word nie. Versoeke sal wel gerig word. “Hy is ’n kader van die ANC. ’n Kader is egter nie soos ’n werker op die fabrieksvloer wat afgedank kan word as hy bevele verontagsaam nie.” Oor mnr. Jacob Zuma, ANC- leier, het Mantashe gesê “ons sal nie net saam met hom hof toe gaan nie, maar ook na die Unie-gebou as die volgende president van Suid-Afrika”. Toe hy gevra is wat sal gebeur as die korrupsiesaak teen Zuma nog aan die gang is teen die tyd van die verkiesing, het Mantashe gesê niemand weet hoe die hofsaak gaan loop nie en die kwessie moenie verpersoonlik word nie. “Die leier van die ANC sal aanstaande jaar die party se kandidaat vir die presidentskap wees.” Die regerende alliansie beplan om voortaan beter saam te werk op nasionale, provinsiale en streekvlak. ’n Beraad tussen die alliansievennote spesifiek oor ekonomiese kwessies word eersdaags gehou.
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|