Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Gerug oor Steve
se dood begin glo
by Super14-stryd
Steve Hofmeyr is nie dood nie, wel doodgelukkig in sy eie bed in sy eie huis. Terwyl die hele land Saterdag op hol was nadat die gerug die wêreld ingestuur is dat die sanger en akteur skielik ná sy noodoperasie verlede Maandagoggend dood is, het hy in werklikheid op die naat van sy rug lekker lê en Super14-rugby kyk. Hofmeyr is in die vroeë oggendure verlede Maandag vir ’n noodoperasie in ’n Gautengse hospitaal opgeneem weens ’n geperforeerde dikderm. Sy herstel was só goed dat hy Saterdagmiddag reeds kon huis toe gaan, waar hy gister rustig die dag saam met sy gesin deurgebring en baie geslaap het. Waar en hoe die “siek doodsberig” Saterdag ontstaan het, was teen gistermiddag nog nie seker nie. Een bron sê dit het vermoedelik juis by een van die Super14-wedstryde begin waar iemand in die paviljoen gesê het Hofmeyr is skielik dood. “Mense wat dit gehoor het, het natuurlik met SMS’e laat waai wat oor die land heen ontvang is. Naderhand is dit selfs in radioberigte uitgesaai,” het die bron gesê. Hofmeyr, sy vrou, Natasha, en hul goeie vriendin, me. Amanda Singleton, moes kort daarna vure begin doodslaan toe mense aanhoudend gebel het om te hoor wat aangaan. “Steve is springlewendig. Ongelukkig nog nie gesond nie, maar lewendig. Hy rus nou lekker tuis. Hy het natuurlik niks van die rugby op TV misgeloop nie. “Die gesin vra net dat hy nou die kans kry om rustig volkome te herstel,” het Singleton gister gesê. Twee van die mense wat heeltemal ontkant betrap is deur Hofmeyr se “dood”, is die oud-Springbokkaptein en ’n vriend van Hofmeyr, Joost van der Westhuizen, en Hofmeyr se prokureur, mnr. Peet Viljoen. Hulle het dadelik navraag gedoen oor wat aangaan, maar is gerus gestel dat Hofmeyr inderdaad lewend is.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|