Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘God is ’n vriend van sondaars’
May 11 2008 09:11:28:450PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Angus Buchan aan die woord tydens Saterdag se byeenkoms in Vanderbijlpark. Foto: Mario van de Wall
Neels Jackson


njackson@beeld.com

Die Angus Buchan-fenomeen het Saterdag in Vanderbijlpark voortgerol toe duisende mense na die Isak Steyl-stadion gestroom het om na die evangelis-boer van Greytown te luister.

Van Buchan het hulle ’n eenvoudige vraag gekry: glo julle dat die Seun van God lewe of dat hy dood is?

Hy het ook uit die Bybel gewaarsku dat daar mense is wat met die mond sê dat Jesus lewe, maar dat hul optrede dit verraai.

Hy het vir die skare vertel hoedat Jesus vir Maria Magdalena, “ ’n gewone prostituut” ’n tweede kans gegee het en gesê Hy wil dit vir hulle ook doen.

“My God is ’n vriend van sondaars,” het hy gesê.

Hy het sy geliefkoosde uitspraak herhaal dat dit nie goeie mense is wat hemel toe gaan nie, maar gelowiges.

Wat die situasie in die land betref, het Buchan gesê daar is mense wat berou moet toon omdat hulle so negatief oor die situasie in Suid-Afrika praat.

Hy het gesê die toekoms is in God se hande en voorspel dat daar ’n ommekeer in die land gaan kom.

Vir voornemende emigrante het hy gesê as God vir hulle sê om Australië toe te gaan, moet hulle dit doen.

As Hy dit nie vir hulle gesê het nie, moet hulle versigtig wees. Hulle gaan hul probleme met hulle saamneem daarheen.

Hy wou weet of enigeen al ’n boodskap van God gekry het dat Suid-Afrika ten gronde gaan.

Hy het oor die skare voor hom uitgekyk, maar niemand het hand opgesteek nie.

Buchan het gesê Jesus lewe en Hy is in Suid-Afrika.

“Ons is in herlewing!” het hy uitgeroep.

“Jesus Christus lewe! Hulle praat van Hom oor sekulêre TV. Hulle praat van Hom oor sekulêre radio. Hulle skryf van Hom in sekulêre koerante. Hy is die onderwerp van die dag!”

Hy het ook weer, soos gebruiklik by sy byeenkomste, mense met verskillende soorte kwale en siektes laat opstaan, vir hulle gebid en hulle aangemoedig om op God te vertrou vir ’n wonderwerk.

Hy het God as ’n “wonderwerkende God” bestempel en gesê as dit nie so was nie, sou hy nie daar gestaan het nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |