Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Man kom op ongeluk af waarin sy broer sterf
Nelspruit. – Hy het eers gedink dis die vragmotor se enjin wat hy op die ongelukstoneel buite Sabie onder die Spar-lorrie sien lê het. ’n Ent verder het hy egter ’n motorfietssaal sien lê wat hy onmiddellik herken het. “Dit moet asseblief net nie my broer wees nie,” het ’n geskokte mnr. Timothy Higgs (35) aan die verkeersbeampte op die toneel gesê. “Die uitdrukking op sy (die verkeersman se) gesig het alles gesê.” Só het Higgs gister gepraat oor sy broer Gavin, wat twee dae voor die ongeluk 32 jaar oud geword het, se dood. Die ongeluk het omstreeks 13:00 gebeur toe Gavin, wat van Nelspruit na Sabie gery het, op sy BMW-motorfiets teen ’n vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting gery het, vasgejaag het. Dis nog nie duidelik presies wat gebeur het nie, maar daar word vermoed dat die motorfiets of die vragmotor ’n draai op die Long Tom-pas gesny het en die fiets toe onder die lorrie ingejaag het. Timothy het kort ná die ongeluk verby die ongelukstoneel gery en toe die skok gekry dat dit Gavin was wat op slag dood is. Gavin was klaarblyklik op pad terug van ’n werkonderhoud by Sappi in Ngodwana duskant Nelspruit. Sy vriendin, me. Lida-Louise Aucamp (27), het vertel hy was haastig om by die huis te kom. “Hy was só ’n goeie mens en wou almal altyd help. Hy het altyd ’n grappie gehad en was lief vir die natuur,” sê Aucamp. “Dit was ’n grusame gesig,” het ’n ooggetuies, me. Eljo Neethling gesê. Gavin se ma, Marie, was nog té geskok om met die media te praat. Gavin het verskeie kere vir die Witrivier-rugbyklub uitgedraf en het ook Laeveld-kleure vir dié sport verwerf. Hy word ook deur ’n ander broer, Stephen, oorleef.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|