Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Man dood, vriend gewond ná kapers glo saamrygeleentheid vra
May 11 2008 09:48:24:653PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Clayton Coetzee (24)
Naranda Nell en Arisja Jacobs


Secunda. – ’n Jong man van Secunda is Saterdagoggend in Evander doodgeskiet en sy vriend gewond nadat drie mans hulle gekaap het.

Mnre. Alex de Waal (21) en Clayton Coetzee (24) is Saterdag omstreeks 01:00 gekaap deur mans wat Coetzee gedink het ’n saamrygeleentheid wou hê.

Supt. Klaas Maloeka, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die twee het van ’n kuieraand by Fire and Ice in Evander na Secunda teruggekeer.

“Ek is eerlik, ek het te veel gedrink en Alex het reeds in die motor gewag toe ek uit die kuierplek gekom het. Ons het tot by die vulstasie daar naby gery waar ek ’n pastei gekoop het. Ek het eers die mans agterin gewaar toe Alex vir my vertel het dat hulle wou saamry Secunda toe,” het Coetzee gister gesê.

“Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer maak Alex se vreemde optrede nou sin. Ek dink die mans het hom toe reeds aangehou en dat hy nie vir my kon sê wat aangaan nie. Alex sou nie vreemdelinge sommer net so opgelaai het nie.”

Coetzee het hom nie aan die mans gesteur nie, maar in ’n stadium daggarook geruik. “Ek het nogal gewonder wat vang hulle aan.”

Volgens Coetzee het Alex anders as normaalweg bestuur. “Hy was buitengewoon stadig, veral toe ons links na Secunda afdraai.

“Die volgende oomblik het ek ’n oorverdowende knal gehoor, Alex het uit die motor gespring en geskreeu dat ek dieselfde moes doen. Die veiligheidsgordel het my vasgepen en een van die mans het my aan die keel teruggeruk. Ek het probeer terugbaklei toe ek nog ’n knal hoor.”

Coetzee het gevoel hoe sy bolyf lam raak. Hy is onseker hoe hy uit die motor gekom het. “Ek het in die pad voor ’n aankomende motor ingespring en vir hulp gesmeek. Ek het nie eers besef ek is geskiet nie. Voor ek inmekaargesak het, het ek gesien hoe die mans met die motor oor die middelman tot in die oorkantste veld inry. Ek het nie vir Alex gesien nie.” De Waal is op die toneel dood.

Die verdagtes het nie ver gekom met die blou Ford Escort nie en te voet verder gevlug. Hulle het niks gesteel nie.

“Ek wens dit was eerder ek in plaas van Alex. Hy was my vriend en kollega en ons het baie dinge saam gedoen,” het Coetzee vertel.

Coetzee is in die Evander-staatshospitaal en later in die Hoëveld Medi-Clinic in Trichardt opgeneem. Hy is later die dag uit die hospitaal ontslaan.

’n Saak van gewapende roof, poging tot moord en moord is geopen.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |