Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Hospitaal verskerp glo veiligheid ná ontvoering, verkragting
    May 12 2008 07:19:01:730AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Verwante Berigte
  • Bekende rugbyspeler se suster verkrag
  • Sarietha Engelbrecht

    Kaapstad. - Tygerberg-hospitaal gaan 'n tender vir kringtelevisiekameras aanvra en sekerheidsmaatreëls op dié perseel is glo verskerp nadat 'n student in die parkeerarea ontvoer en 'n paar kilometer daarvandaan verkrag is.

    Volgens dr. Terence Carter, uitvoerende hoof van die Tygerberg-hospitaal, sal hulle egter nooit kan bekostig om die hospitaal voldoende te beveilig nie. "Dan sal ons 'n beampte op elke vloer en in elke saal moet sit, en dit is nie moontlik nie. Ons volg 'n meer omvattende benadering."

    'n Werknemer by die Tygerberg-hospitaal, wat anoniem wou bly uit vrees dat sy haar werk kan verloor, het Beeld se susterkoerant Die Burger gister gekontak oor gebrekkige sekerheid by die Tygerberg-hospitaal.

    "Ek werk al 30 jaar lank daar en sekuriteit bestaan nie eintlik nie. Hulle 'window dress' nou maar net ná die voorval."

    Sy het gesê personeellede het al verskeie briewe oor veiligheid aan die hospitaalbestuur gerig.

    "Ál wat die veiligheidsbeamptes doen, is om te kyk dat mense nie op die verkeerde plekke parkeer nie."

    Sy meen veiligheidsmaatreëls op die perseel het die afgelope paar jaar baie agteruit gegaan.

    Volgens Carter het sekerheid nie agteruit gegaan nie, maar het "die aard en omvang van misdaad geweldig vererger".

    "Tygerberg-hospitaal is in die jare vyftig ontwerp, toe daar nog geen sprake was van die veiligheidsrisiko's wat ons vandag in die gesig staar nie.

    "Daar is 'n groter behoefte aan veiligheid oral in Suid-Afrika."

    'n Privaat maatskappy, HRF Security, is verantwoordelik vir die beveiliging van die hospitaalterrein van 100 hektaar. Die hospitaal se eie beamptes doen binne-in die hospitaal diens.

    "Die afgelope twee jaar was die sekerheidswagte buite die hospitaal veronderstel om met honde, motorfietse en fietse te patrolleer, maar hulle was nie te alle tye teen volle kapasiteit ontplooi nie." Carter sê hulle het Vrydag van die voorval verneem en het onmiddellik met HRF Security onderhandel om die getal wagte te vermeerder.

    "Ons is ook in die proses om 'n tender aan te vra vir kringtelevisiekameras wat 24 uur per dag beman sal word.

    "Ons is nie op soek na 'n kitsoplossing nie. Ons kyk na die lang termyn."

    Volgens hom is die Tygerberg-hospitaal se perseel anders as dié van enige ander hospitaal. "Daar is drie universiteite én verskeie maatskappye op die perseel. Dit is ongeveer 30 000 mense."

    Die suster van 'n bekende rugbyspeler is 'n week gelede in 'n parkeerterrein op die Tygerberg-hospitaal oorval. Dié student is in haar motor teruggedwing en deur drie mans na 'n leë huis in Klipheuwel gebring, waar sy glo verkrag is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |