Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Staat sluit saak in Petersen-verhoor
May 12 2008 02:12:59:093PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Taliep wou van 'besete' Najwa skei ná aanval
  • Taliep: Drama, trane toe verdagte skuld erken
  • Dit is nog nie 'n uitgemaakte saak dat me. Najwa Petersen self haar weergawe van gebeure tydens die moord op haar man, Taliep, in die Kaapstadse hooggeregshof gaan vertel nie.

    "Ek moet nog met my kliënt (daaroor) konsulteer," het adv. Klaus von Lieres Maandag gesê.

    Die staat het sy saak teen Petersen en haar drie beskuldigdes gesluit, waarna regter Siraj Desai verrigtinge tot 20 Mei uitgestel het.

    Petersen en haar drie mede-beskuldiges word beskuldig van die moord op haar vermaaklikheidskunstenaar-man op 16 Desember 2006.

    Die staat het altesame 15 getuies geroep.

    Die mees dramatiese oomblik tot dusver in die verhoor was toe een van die beskuldigdes, mnr.Waheed Hassen, onverwags besluit het om skuldig te pleit.

    In 'n verklaring van 15 bladsye het Hassen beweer dat hy op die moordaand na Taliep se huis is; dat Najwa gehelp het om Taliep vas te bind en dat sy self die doodskoot afgevuur het. - Sapa

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |