Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Jonges is vreemdelinge in regstelsel’
May 12 2008 06:09:55:240PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jeanne-Marié Versluis

Die gebruik van argaïese taal in die hofsaal vererger die trauma van kinders wat klaers en getuies in strafregtelike verhore is.

Hofverrigtinge word, in koloniale tradisie, vergesel deur prag en praal, ongewone klere, togas en vormlike taal wat in enige ander opset as hoogdrawend en kunsmatig ervaar sou word.

Só het regter Eberhard Bertelsmann van Pretoria gisteroggend op die nasionale konferensie van die Suid-Afrikaanse professionele vereniging oor kindermishandeling (Sapsac) gesê.

Volgens hom is die kind ’n vreemdeling in die hofsaal.

“Ons hele regstelsel, insluitende howe en hofprosedure, is ontwerp deur volwassenes vir volwassenes.”

Hy het gesê die strafregprosedure en die howe moet ten minste die strafregstelsel op só ’n manier administreer dat kinders teen verdere trauma beskerm word. Hul waardigheid moet ook met respek behandel word.

Die kruisondervraer in die hof gebruik nie net “konfrontasie”-taal teenoor die kindergetuie nie, maar ook terminologie wat sin maak vir die voorsittende beampte, maar nie vir die kind nie.

“Die kind het geen keuse in die manier van sy of haar kommunikasie nie.

“Ons in die regsberoep moet nuwe maniere vind om kinders te hanteer wat ons wêreld binnekom.”

Bertelsmann het in ’n uitspraak gister in die hooggeregshof gesê die chroniese tekort aan geskikte, gekwalifiseerde tussengangers is ’n ernstige struikelblok in die vervulling van kinderregte.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |