Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


5 sterf toe bakkie bok en ander motor tref
May 12 2008 06:29:26:247PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Schweizer-Reneke. – ’n Botsing met ’n koedoe het vermoedelik ’n tweede ongeluk veroorsaak wat uiteindelik tot die dood van vyf mense naby dié Noordwes-dorp gelei het.

Die botsing het eergister omstreeks 07:00 op die Schweizer-Reneke-Wolmaransstad-pad gebeur.

“Dit lyk (volgens ’n ooggetuieverslag) of die bestuurder van ’n Mazda Drifter-bakkie met twee insittendes in die rigting van Wolmaransstad ’n koedoe getref en beheer oor die voertuig verloor het. Die Mazda het daarna met ’n Nissan Hard Body-bakkie met drie insittendes wat in die rigting van Schweizer-Reneke gery het, gebots,” sê supt. Louis Jacobs, polisiewoordvoerder.

Al vyf insittendes van die twee voertuie is dood. Al vyf die slagoffers is van Vryburg.

Die koedoe is ook dood. – Nicolize van der Walt


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |