Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Man rand glo vrou wreed aan oor vuurwapen
May 12 2008 06:51:09:177PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Leané du Plessis

’n 39-jarige vrou van Eldoradopark, Johannesburg, is wreed deur haar man aangerand nadat sy die man se ongelisensieerde vuurwapen by die polisie ingegee het uit vrees dat hy haar daarmee kan vermoor.

Mnr. Aiden George (39), die verdagte, is nog op vrye voete.

Hy het na bewering sy vrou, wat verkies om anoniem te bly, verlede naweek vier keer met ’n mes gesteek, geslaan en geskop toe hy uitvind sy wapen is weg, het die vrou se oom, ene Mark, eergister aan Beeld vertel.

“Dit was duidelik hy wou haar doodmaak as jy na die messteke op haar lyf kyk,” het Mark emosioneel gesê.

Die vrou is in die nek, voorkop, agterkop en rug gesteek.

“Die laaste messteek was so erg dat dit die mes gebreek en die lem gebuig het,” het Mark vertel.

Nadat die vrou twee dae in die waakeenheid deurgebring het, is sy onlangs na ’n gewone saal oorgeplaas.

Mark vrees vir sy susterskind se lewe.

“Aiden is buite bedwang en onkeerbaar. My susterskind het al hoeveel keer vir my vertel hoe hy haar fisiek en emosioneel mishandel.

“Ek kan nie glo hy is nog daar buite nie. Wat gaan gebeur as sy (uit die hospitaal) ontslaan word?”

Die vrou het onlangs ’n interdik teen George gekry en het ook al egskeidingsdokumente op hom laat beteken, het Mark gesê.

“Ek weet hy het haar gereeld geslaan. Tog was daar niks wat sy kon doen nie, want hy het gedreig om haar en haar kinders dood te maak as sy enigiemand vertel.”

George is vermoedelik in die Eldoradopark-gebied en is ook in die Kibler Park- en Ridgeway-gebiede in Johannesburg gesien.

Hy bestuur ’n groen Toyota Corolla met registrasienommer HMB 966 GP. ’n Saak van poging tot moord is geopen.

Enigiemand met inligting oor George kan kapt. Schroeder by 079 525 1515 bel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |