Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Man wie se tuig neerstort, het krans 10 m verder gemis
Middelburg. – As die mikroligte vliegtuig wat die naweek in die klowe buite Witbank neergestort het, 10 m verder gevlieg het, het dit ’n krans getref. Mnr. Ryan Keys (28) van Witbank het alles in sy vermoë gedoen om so sag moontlik in dié ruwe terrein te land. Dít nadat die tuig begin krag verloor het tydens ’n pretrit saam met mev. Irene Keet, ’n vriend se ma. (Dit was toe nie ’n mev. Calitz soos Beeld vroër verneem het nie.) Só het sy vrou, mev. Danel Keys (26), gister aan Beeld vertel. “Ryan is nog in die Unitas-hospitaal se hoësorgeenheid. Hy word onder verdowing gehou. Hy was gisteraand vir ’n baie kort tydjie wakker, maar het bly sê ‘jammer, Tannie – ek het alles probeer’,” het mev. Keys vertel. Albei sy bene is gebreek en hy het diep snye opgedoen. Mev. Keet het net ’n enkel gebreek. Sy het bly probeer om vir Keys Saterdagaand laat nog in die tuig warm te hou. Keys en Keet het Saterdagoggend in Witbank opgestyg en na Middelburg gevlieg. Daar het hulle oor die dorp gevlieg, oor die ou Witbank-pad en terug in die rigting van Witbank. Naby die Olifantsrivier Lodge op dié pad het die tuig krag verloor. Onder andere familie, nooddienswerkers en die polisie het sowat vyf uur lank na hulle gesoek nadat Keys hulle uit die wrak met sy selfoon gebel het. “Ek was tuis toe iemand my bel met die nuus. Ek het saam met familie en vriende gaan soek. Ons het lank gesoek toe oom Daan, tannie Irene se man, besluit om te bid. Hy was pas klaar toe iemand skree hulle het die twee gekry,” het mev. Keys gesê. ’n Weermaghelikopter moes gebruik word om die beseerdes by die hospitaal te kry.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|