Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Klagte van kindermolestering, moord teen Heidelbergse boer bekyk
’n Vooraanstaande boer van Heidelberg, Gauteng, word ondersoek vir onder meer kindermolestering, moord en bedrog. Die eerste klagte is in Januarie ingedien, maar die polisie is “in ’n sensitiewe stadium van hul ondersoek” en wou nie gister meer inligting gee oor hul vordering met die saak nie. Volgens Beeld se bron, die pa van die beweerde slagoffer, het die beweringe aan die lig gekom toe sy seun opgeneem is vir psigiatriese behandeling oor sy gewelddadige gedrag. Hy het toe vertel van die beweerde molestering vyf jaar tevore. “Toe ons die klag ingedien het, het verskeie mense na vore gekom en daar is nou ’n magdom klagte teen hom,” het die pa gesê. Die saak word deur die Gautengse polisie ondersoek. “Talle van die beweringe het betrekking op dade wat na bewering al jare gelede gepleeg is,” het supt. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, per e-pos laat weet.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|