Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Unie wil dié onnies help
    May 12 2008 07:16:24:953PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Alet Rademeyer

    Die Afrikaanse onderwyser is ’n spesie wat kan uitsterf as daar nie dringend na hul opleiding gekyk word nie.

    Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) kyk na verskillende inisiatiewe oor wat hy kan doen om die groeiende tekort aan Afrikaanse onderwysers te help hokslaan.

    Volgens mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, verlaat tussen 600 en 700 Afrikaanse onderwysers jaarliks die beroep om verskillende redes wat ook aftrede insluit.

    Dit terwyl daar jaarliks net sowat 200 Afrikaanse onderwysers is wat afstudeer.

    Volgens Klopper is die SAOU bekommerd oor dié tendens.

    Hy meen sowat 800 nuwe Afrikaanse onderwysers is jaarliks nodig vir die vier skoolfases.

    Van die moontlikhede wat die SAOU ondersoek, is ’n stelsel waar skole jaarliks een of meer talentvolle matrikulante identifiseer wat in die onderwys as beroep belangstel.

    Die ouers van die skool besluit dan om vir dié kandidate se universiteitsopleiding te betaal, terwyl hy of sy ook teen ’n klein vergoeding daagliks by die skool uithelp.

    In die eerste en tweede jaar kan die studente byvoorbeeld uithelp met toesig en ander buitemuurse aktiwiteite.

    Dié studente volg ’n afstandsonderrigprogram en terselfdertyd kry hulle indiensopleiding by ’n skool.

    Die SAOU meen daar sal na ’n instelling of twee gekyk moet word met wie daar in dié verband saamgewerk kan word.

    Klopper het gesê inisiatiewe soos dié is ook dringend nodig omdat voornemende Afrikaanse onderwysers net by uitsondering vir beurse van die onderwysdepartemente kwalifiseer.

    Die SAOU het die afgelope vyf jaar self sowat R9 miljoen vir beurse beskikbaar gestel.

    Klopper meen die groeiende tekort aan onderwysers in die land sal net suksesvol gepak kan word as daar meer en beter koördinering rondom onderwyseropleiding kan wees.

    Onderwysvakbonde is dit eens dat daar ’n groeiende tekort aan onderwysers is, hoewel mnr. Duncan Hindle, direkteur-generaal van onderwys, dit onlangs ontken het.

    Hy het gesê sowat 1 600 gekwalifiseerde, werklose onderwysers se name is op ’n databasis van die departement.

    Hy het voorts gesê enige skool kan die departement nader en hulle sal help om ’n geskikte onderwyser vir ’n vakante pos te kry.

    Dr. Piet du Preez, hoof van die Hoërskool Fakkel in Johannesburg, het in reaksie hierop ’n brief aan Beeld geskryf waarin hy gesê het die verskillende onderwysdistrikte beskik wel oor lyste oortollige onderwysers.

    “Maar dit beteken niks as hulle slegs by Engelstalige skole of laerskole aangestel kan word nie.

    “Waarom is daar soveel skole wat onderwysers kort en daagliks oral adverteer? Omdat daar ’n reuse-tekort aan onderwysers is wat by Afrikaansmediumskole, te meer nog hoërskole – om nie eens te praat van parallelmediumskole nie – kan skoolhou.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |