Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Raad te bang om werkers by buurte in te stuur
May 12 2008 07:31:45:863PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Vullisdrome wat oorvol is en langer as 'n week laas verwyder is, het 'n algemene prentjie in Pretoria geword. Foto: Herman Verwey
Cobus Claassen

Pretoria het binne ’n week in ’n reuse vullishoop verander.

En die slegte nuus is dat daar steeds geen einde aan die munisipale staking in dié stad is nie.

Die Tshwane-metroraad en die munisipale werkersvakbond Samwu het gister opnuut probeer om tot ’n vergelyk te kom nadat onderhandelings verlede week op ’n dooie punt uitgeloop het.

Die staking het verlede Maandag begin toe Samwu ’n memorandum met verskeie griewe aan die raad oorhandig het.

Die staking het veral vullisverwydering in Pretoria feitlik tot stilstand gebring.

Stakende werkers het gister weer verkeer in die middestad ontwrig toe hulle strate met vullis bestrooi het.

Daar het in ’n stadium selfs ’n ou rusbank in die middel van Strubenstraat gestaan.

Mnr. Console Tleane, die raad se kommunikasiehoof, het bevestig ’n ooreenkoms is nog nie bereik nie.

Hy het gesê hoewel vullisverwydering onder begeleiding van die metropolisie begin het, is daar “groot uitdagings”. “Ons probeer die middestad skoon hou, maar dit is vanoggend (gisteroggend) weer bemors. Dit bemoeilik sake vir ons.”

Tleane het gesê die raad is versigtig om spanne in woonbuurte te ontplooi omdat die kans groter is dat werkers daar aan intimidasie blootgestel kan word.

“In die stad is die gevaar nie so groot nie omdat daar baie mense in die strate beweeg. Inwoners moenie dink ons skeep hulle doelbewus af nie. Ons moet aan die veiligheid van ons werknemers dink.”

Hy het gesê die raad besef hy het ’n groot agterstand en doen alles in sy vermoë om die geskil so spoedig moontlik te besleg. Samwu het intussen gister gesê daar is geen interdik teen hom nie.

Die raad het verlede week bekend gemaak hy het ’n interdik teen die stakers gekry, “wat die staking amptelik onwettig verklaar het”.

Mnr. Edwin Rasuba, Samwu se provinsiale tesourier, het dit ontken. “Ek kan bevestig die raad het géén interdik teen ons nie.”

Samwu het ook kritiek teenoor die polisie se “oorbetrokkenheid” in die staking uitgespreek.

Die ses munisipale werkers wat eergister gearresteer is, het gister in die Pretoriase landdroshof verskyn en is sonder borgtog vrygelaat.

Rasuba het gesê die polisie het aan die media vertel dié werkers is by die raad se busdepot in Pretoria-Wes gearresteer, maar hulle is inderwaarheid by ’n vulstasie “geteiken”.

“Hulle was by niks onwettig betrokke nie en die hof het toegegee die polisie se aanklagte is ongegrond.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |