Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Direkteur sit 15 j. vir moord ná sy vrou swyg oor SMS
’n Man het geen reg om te spioeneer op die SMS-boodskappe wat sy vrou ontvang nie. ’n Vrou het ook die reg om nie die inhoud en bron van ’n SMS aan haar man te openbaar nie. Dít blyk uit waarnemende regter Tholi Vilakazi se uitspraak gister in die Pretoriase hooggeregshof toe hy ’n hooggeplaaste in die departement van landbou, David Linley Sonkosi (43), vir 15 jaar tronk toe gestuur het vir die moord op sy vrou. Sonkosi, ’n direkteur van dié departement, is daaraan skuldig bevind dat hy sy vrou, me. Pumla Mkatali, ’n onderwyser, in Mei 2005 in hul huis in Centu-rion doodgeslaan het. Getuienis is gelewer dat Sonkosi sy vrou se kop en lyf herhaaldelik teen die vloer gestamp het voordat hy haar met ’n dik leergordel geslaan het. Sonkosi, wat ’n B.Sc- en ’n honneursgraad in landbou, asook verskeie diplomas het, het gister ter strafversagting getuig die aanranding op sy vrou is deur ’n SMS “geaktiveer” wat sy “baie laat in die aand” ontvang het. Sy wou nie sê van wie dit kom of waaroor dit gaan nie. Hy het agterdogtig geword, want “in normale omstandighede” het hulle nie geheime vir mekaar gehad nie. Hulle het oor die SMS gestry. Hy het haar suster gebel en dié het bevestig dat sy vrou ’n “liefdesverhouding” met ’n ander man het. Volgens Sonkosi het hy woedend geword omdat hy haar vertrou het. Hy het ook getuig hy is steeds in diens van die departement en het 100 dae verlof gekry vir die verhoor. Vilakazi het gevra: “Wat gee u die reg om haar te bevraagteken oor die SMS?” Sonkosi het geantwoord dit was “deel van gesinsbeleid” en hulle het SMS’e met mekaar bespreek. Hy het van haar verwag om dit aan hom te openbaar omdat sy dieselfde van hom sou verwag. Vilakazi het in die vonnisoplegging gesê vroue moet beskerm word teen lewensmaats wat hul regte vertrap. Mans en vroue is gelyke vennote in die huwelik. Elkeen moet sy/haar reg op privaatheid en vryheid van assosiasie behou. Mkatali het die reg gehad om nie die SMS of die bron daarvan te openbaar nie. Vilakazi het gesê Sonkosi se “vermoede” dat sy vrou ontrou was, “is gegrond op hoorsê en ’n SMS”. Hy het gesê Sonkosi het sy vrou se kop herhaaldelik teen die vloer gekap. Sy het geskree. Hierna het Sonkosi die vermetelheid gehad om te lag. “Hoe kan iemand aanvaar dat u berou toon?” het die regter gevra. Die voorval het ook die egpaar se kinders (van 13 en 10 jaar) baie erg geraak. “As u ’n probleem met u woede het, is daar programme (in die tronk hiervoor).”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|