Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Ground zero’ heet gat waar kitsbank was
“Welkom by Ground Zero.” Só het Andreas Jordaan, Villa Rosa-akteur, gister nuuskieriges gegroet wat wou hoor wat by sy vulstasie in Hursthill, in die weste van Johannesburg, gebeur het. Die Standard Bank-kitsbank op die perseel – wat enkele meters van die petrolpompe is – is in die vroeë oggendure opgeblaas. Jordaan vertolk die rol van Rikus Schoeman in dié KykNet-sepie. Sy karakter is op die oomblik in Nederland. Jordaan het gesê vier mans het glo omstreeks 02:00 opgedaag en vir die petroljoggies gesê hulle kom net gou iets doen. Een vermeende rower het sy vuurwapen – wat onder sy hemp versteek was – gewys en vir die petroljoggies gesê om liewer net in hul kiosk te bly. Niemand is in die voorval beseer nie. Jordaan, wat beeldmateriaal van die ontploffing het, het gesê die “hele proses” het sowat 5 min. geduur. “Hulle kom in; sit die goed in en dan is dit bing, bang, boom.” Hy het gesê hy deel nou wat hy noem pres. Thabo Mbeki se houding oor die stand van misdaad in die land: “Krisis? Watse krisis? “Dié soort goed is nou deel van ons lewe,” het hy gesê. Jordaan het gesê die ergste skade raak hom nie regstreeks nie, aangesien die kitsbank die bank se eiendom is. Sy skade – wat verband hou met stukkende vensters en ’n bystandmotor van die vulstasie wat voor die kitsbank geparkeer was – beloop sowat R25 000. Hy het gesê die “onregstreekse verlies” is vir hom amper erger. “Mense gaan nou die vulstasie as ’n gevaarsone beskou,” het hy gesê. “Dié mense doen so iets sonder ontsag vir menselewens. Dis blêddie gelukkig die garage is nie opgeblaas nie.” Mnr. Ross Linström, ’n Standerd Bank-woordvoerder, het gesê ondersoekers is gestuur om die omvang van die skade te bepaal, maar die waarde daarvan is nog onbekend. Die Brixton-polisie ondersoek die voorval.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|