Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


McBride: Lid wat teen hom getuig uit sy pos ontslaan
May 12 2008 08:25:21:323PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Schalk Mouton

Hoofsupt. Stanley Sagathevan, voormalige vertroueling van mnr. Robert McBride, omstrede hoof van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), is Donderdag uit sy pos ontslaan.

Sagathevan, wat saam met hoofsupt. Patrick Johnson en supt. Itumeleng Koko, nog twee EMPD-lede, téén McBride gedraai en as staatsgetuies in sy dronkbestuur-hofsaak opgetree het, is in Oktober saam met Johnson en Koko weens altesame meer as 7 000 klagtes in ’n interne metropolisietugverhoor aangekla. Sagathevan sélf is vir 3 743 klagtes aangekla, waaronder poging tot moord, aanranding en intimidasie. Hy is Donderdag met onmiddellike inwerkingtreding uit die metropolisie ontslaan. Hy het ook geen skeidingspakket ontvang nie.

Johnson en Koko het in November verlede jaar uit die metropolisie bedank en die tugsake teen hulle is laat vaar. Sagathevan, wat geweier het om te bedank, se tugverhoor het voortgegaan, maar hy was vir groot dele daarvan afwesig. Hy was ook Donderdag afwesig, maar het wel ’n afdankingsbrief ontvang.

Sagathevan, Johnson en Koko het in Julie verlede jaar ’n interdik teen McBride en nog vyf senior metropolisielede gekry om McBride te verhoed om hulle te intimideer.

Volgens mnr. Prince Hamnca, politieke raadgewer en woordvoerder van mnr. Duma Nkosi, Ekurhuleni se uitvoerende burgemeester, wag Nkosi vir ’n volle verslag van mnr. Patrick Flusk, Ekurhuleni se stadsbestuurder, voordat hy besluit of die metroraad enige verdere siviele of strafregtelike klagte teen dié drie voormalige lede gaan bring.

“Sodra die burgemeester dié verslag kry, sal hy besluit hoe om met die saak voort te gaan,” het hy gesê.

Sagathevan het gisteraand sy afdanking aan Beeld bevestig, maar hy wou geen verdere kommentaar lewer nie.

“Ek wil eers met my prokureurs praat voordat ek kommentaar lewer,” het hy gesê. Hy het wel gesê hy is van plan om teen sy afdanking te appelleer.

“Soos enige ander individu dink ons Sagathevan het ook die reg om téén die besluit te appelleer,” het Hamnca gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |