Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rubberkoeëls vlieg by ANC-konferensie
Die polisie moes gister rubberkoeëls gebruik om ANC-lede wat glo aangedring het op toegang tot ’n ANC-konferensie by Sun City in Noordwes, in bedwang te bring. Volgens supt. Louis Jacobs, polisiewoordvoerder, moes 40 mense reeds eergister weens betreding van dié oord verwyder word. “ ’n Groep afgevaardigdes het hul weg na binne probeer dwing, maar hulle het nie akkreditasie gehad nie. Die groep is uiteen, maar sowat 100 mense het gisteroggend voor die hoofhekke saamgedrom,” het Jacobs gesê. Hulle het hul weg deur die eerste linie veiligheidswagte gedwing en op die polisie afgestorm. Klippe is glo na die polisie geslinger en rubberkoeëls is gebruik om hulle uiteen te jaag. Nie een van die ANC-lede is beseer nie, maar twee veiligheidswagte is glo aangerand. Ses mense – vyf vroue en ’n man – is in hegtenis geneem en klagte van openbare geweld word teen hulle ondersoek. Me. Jessie Duarte, ANC-woordvoerder, het gesê geen geweld is aangemeld nie. Sy het gesê die ANC sal kommentaar lewer op die konferensie en die betoging nadat die uitslag van die verkiesing van die provinsiale uitvoerende komitee bekend gemaak is. Die konferensie sou gisteraand ten einde loop. – Sapa
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|