Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Getuig teen broer in Danielle-moord
May 12 2008 09:10:23:090PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Diederick en mev. Anél Esterhuizen stap gister by die Johannesburgse hooggeregshof uit op die eerste dag van die moordverhoor van Danielle (5), hul dogtertjie wat deur 'n bende rowers doodgeskiet is. Foto: Mario van de Wall

Die nag wat Danielle Esterhuizen (5) in haar ma se arms doodgeskiet is, het ’n vermeende moordenaar in dié saak “onrustig en bang” tuisgekom om sy broer te vertel van hul mislukte motorkaap-poging.

Dít was gister die getuienis van mnr. Bernardo Como (33), staatsgetuie en broer van mnr. Tsakane Sithole (25), wat saam met twee medebe-skuldigdes weens die moord op Da-nielle op 20 Desember 2006 teregstaan.

Sy is die aand tydens ’n visvanguitstappie saam met haar gesin by die Riebeeckmeer in Randfontein deur ’n bende rowers in die kop geskiet.

Mnr. Ferdi Kleynhans, ’n familievriend van Randfontein wat by was, is in die bors en die lies geskiet, terwyl een van hul aanvallers ook gewond is toe Kleynhans op hulle geskiet het.

Gister was die eerste dag van dié langverwagte verhoor nadat dit verlede week vier dae agtereenvolgens uitgestel is.

Sithole en mnre. Thabang Jane (26) en David Nqomane (31) het skuld ontken op al agt aanklagte: een van moord, vier van poging tot moord, een van poging tot roof met verswarende omstandighede en nog twee van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Como is in April in verband met dieselfde saak in hegtenis geneem, waarna hy as verdagte begunstiger van die moord ’n bekentenis voor ’n landdros afgelê en gister as staatsgetuie ingespan is.

Como het na bewering destyds met Si-thole en Nqomane ’n plakkershut gedeel.

Sy huismaats het ná hul arrestasies in Januarie verlede jaar beweer die moordwapen behoort aan Como – wat hy ontken.

Hy het gister getuig hoe Sithole en Nqomane vroegaand die nag van Danielle se moord in ’n wit Mazda 323 by die hut weg is.

Rondom middernag het Sithole alleen tuisgekom. “Hy het gesê Nqomane is geskiet toe hulle en nog twee mans ’n motor wou kaap, en is hospitaal toe,” het Como getuig. ’n Paar dae later het Sithole aan Como vertel Nqomane is weg uit die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal om in Maputo “die koeël te gaan verwyder”. By Nqomane se terugkeer het dié ook self aan Como vertel hoe hy in ’n hospitaal in Maputo mense omgekoop het om die koeël te verwyder sonder dat die polisie dit kry, het hy gesê.

Die verdediging het daarna aan Como voorgehou dat Nqomane dié bewerings ontken en aanvoer hy is by ’n straatpartytjie in Soweto in ’n “rusie oor ’n meisie” geskiet, waarna die koeël in Nelspruit verwyder is.

Mev. Anél Esterhuizen, Danielle se ma, getuig moontlik vandag.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |