Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Drie dood, 40 beseer in aanvalle op immigrante
May 12 2008 09:10:13:213PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Buitelanders lê op banke en sit op die vloer in die Alexandra-kliniek nadat 'n bende van die buurt eergisteraand inwoners aangerand, hul huise geplunder en eiendom gesteel het. Foto: Felix Dlangamandla
Amanda Roestoff, Annelene Moses en Sapa

Drie mense is reeds in Alexandra, Johannesburg dood in vermeende xenofobiese aanvalle die afgelope twee dae.

Twee mense is dood en 40 ernstig beseer toe ’n woedende bende eergisteraand verwoesting onder buitelandse inwoners van die gebied gesaai het. Twee vroue is ook glo verkrag.

Gisteraand is nog 'n persoon volgens die polisie in hernieude geweldpleging doodgeskiet.

'n Bende het Sondagaand met pangas op huise in Alexandra en Kew toegesak, eiendom gevandaliseer en inwoners beroof.

Die gebied word veral deur Mosambiekers en Zimbabwiërs bewoon.

Twee mans, onder wie ’n Suid-Afrikaner, is in die aanvalle doodgeskiet.

Die polisie het laataand tussenbeide getree om buitelanders teen verdere geweld te beskerm. Altesame 28 mense is teen gisteraand reeds weens openbare geweld in hegtenis geneem en twee weens verkragting, het konst. Neria Malefetse, woordvoerder van Alexandra-polisiestasie, gesê.

Nog ’n polisiewoordvoerder, insp. Moses Maphakela, het vroeër gesê inwoners is met klippe bestook en selfs met sambokke toegetakel.

“Die inwoners van Alexandra wil nie meer onwettige immigrante in die gebied hê nie. Hulle beweer die buitelanders beroof hulle op straat,” het Maphakela aan Sapa gesê.

Die byna 40 ander slagoffers is na die Alexandra-kliniek gehaas vir behandeling. Ander het skuiling by die Bramley-polisiekantoor gesoek. Malefetse het in ’n verklaring gesê sowat tien slagoffers is teen gistermiddag laat ontslaan.

Die 30 verdagtes sal na verwagting vandag in die Wynberg-landdroshof in Johannesburg verskyn.

Mnr. David Quail, DA-woordvoerder vir Alexandra, het gister in ’n verklaring gesê die party is bekommerd oor frustrasies onder hostelinwoners wat tot die verhoogde geweld lei.

Eienaars van winkels en stalletjies het hul sake gesluit en toegang tot die ondernemings versper. “Daar is ook bewerings dat frustrasie bestaan oor die toewysing van getroude kwartiere wat naby die hostelle opgerig word,” lui die verklaring.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |