Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


R900 vir afskeid is uitbuiting, sê ouer van matriekleerling
May 12 2008 09:10:02:417PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Alet Rademeyer

R900 per paar vir ’n matriekafskeid. Hoe op aarde kan dít van vuisvoos ouers verwag word?

Dít is wat mnr. Pierre Barnardt, ’n ouer van die Hoërskool Die Wilgers in Pretoria, wil weet.

Barnardt meen dié bedrag is flagrante uitbuiting.

Hy het verskeie skole in die Pretoria-omgewing gebel en vasgestel dat die gemiddelde prys vir ’n matriekafskeid sowat R250 per persoon beloop.

Barnardt het ’n brief aan mnr. Barry de Vos, hoof van die skool, gestuur waarin hy vra dat hy as oppervoog van alle leerlinge ’n stokkie hiervoor moet steek.

Volgens Barnardt behoort die hoof te alle tye in die beste belang van alle leerlinge optree. “Enige bobbejaan kan die gevolgtrekking maak dat om R900 per paartjie vir ’n ‘matriekafskeid’ (cum geldinsameling) te betaal, nie net tot nadeel van al die leerlinge is nie, maar ook vir hul ouers.”

Barnardt het gesê die afskeid kan ouers uiteindelik duisende rande kos as in ag geneem word dat daar nog vir ’n rok of pak en vervoer betaal moet word.

Volgens Barnardt het hy verneem dat die funksie die leerlinge sowat R250 per persoon gaan kos en dat die res van die geld glo gaan vir ’n geskenk wat die matrikulante vir die skool wil gee.

Hy het gesê die skool het sowat 300 matrikulante en as elkeen R250 betaal, kom dit neer op R75 000. As 150 pare egter R900 betaal, is dit R135 000.

Hy wil weet wat die skool met ’n geskenk van R60 000 wil maak. “Wat het geword van ’n afskeid waar op ’n waardige manier van almal in die skool en die skool self afskeid geneem word sonder om dit in ’n geldjag te omskep?” wou Barnardt weet.

De Vos het gisteraand gesê die beplanning rondom die matriekafskeid is juis gedoen uit ’n besparingsoogpunt wat nie tot uitspattighede sal lei nie.

Hy het gesê ’n matriekfskeid is een van die grootste gebeure in ’n jong mens se lewe ná 12 jaar op skool en dat dit verskil van gemeenskap tot gemeenskap.

“’n Deursigtige proses van konsultasie is gevolg en ouers en leerlinge se insette is verkry.

“Die gr. 12-leerlingraad het ook insette oor hul verwagtings en behoeftes rondom die afskeid gelewer.”

Vos het ook gesê ouers is per SMS ingelig oor vergaderings en het die geleentheid gehad om almal by te woon.

Hy het gesê vanjaar se afskeid is in ooreenstemming met vorige jare se uitgawes.

’n Deel van die geld is vir ’n geskenk aan die skool, maar dit is bewys van ouers se dankbaarheid vir wat die skool alles vir hul kinders gedoen het.

Vos het gesê hulle het tot dusver nie ander klagtes gekry nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |