Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Gestremde vrou teen 187 km/h op N1 vasgetrek
May 12 2008 09:09:58:683PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Leané du Plessis

’n Gestremde vrou is die naweek in haar spesiaal aangepaste motor vasgetrek nadat sy teen 187 km/h gejaag het.

Die 40-jarige vrou is, krukke en al, op die N1-snelweg in Johannesburg in hegtenis geneem nadat sy deur ’n metropolisievoertuig agternagesit is, het hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, gister gesê.

“Ons almal vra die vraag hoe op aarde sy dit kon doen – en hoekom,” het hy gesê.

Die vrou se voertuig, ’n silwer BMW, is só aangepas dat sy met haar hande kan bestuur.

Sy is volgens Minnaar Vrydagaand omstreeks 22:20 naby die Olifantsfontein-afrit aangekeer.

Die vrou is ook aangekla omdat sy haar voertuig se nommerplate verwyder het. Dit is onbekend wat haar gestremdheid presies behels.

Benewens dié vrou het die metropolisie die naweek sewe ander jaagduiwels op dié stuk pad afgetrek.

Een van hulle was ’n 19-jarige man wat Sondagoggend omstreeks 02:30 teen 187 km/h in ’n silwer Mercedes-Benz gejaag het. Die voertuig is in sy ma se naam geregistreer en die man het nie ’n rybewys gehad nie, het Minnaar gesê.

’n 36-jarige vrou wat in ’n Volkswagen Jetta teen ’n hoë spoed aan die verkeerde kant van die pad gery het, is ook in hegtenis geneem.

“Die beampte het gesê hy kon nie haar presiese spoed vasstel nie, maar hy moes teen 130 km/h ry om haar in te haal,” het Minnaar gesê.

Die mense het gisteroggend in die Randburg-landdroshof verskyn.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |