Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Hawking gee SA stof tot nadenke
May 12 2008 09:15:45:543PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elsabé Brits

Kaapstad. – Waarom is ons hier? Waar kom ons vandaan? Met dié woorde het die internasionaal bekende wiskundige prof. Stephen Hawking eergisteraand sy eerste lesing in Afrika begin en afgesluit.

Dié Lucasian-professor in wiskunde aan die Cambridge-universiteit het in ’n stampvol Muizenberg-paviljoen die gehoor aan sy lippe gehad.

Tientalle mense wat nie kaartjies kon kry vir die geleentheid nie, het buite die saal saamgedrom om darem net ’n blik van Hawking te kry.

“Het die heelal ’n begin gehad, het Immanuel Kant gevra en dan – indien dit ’n begin gehad het – waarom het dit so lank geneem om te begin?” het Hawking, wat weens ’n motorneuronsiekte deur ’n gesofistikeerde rekenaar?stelsel kommunikeer, gesê.

Danksy die werk van Albert Einstein en Edwin Hubble weet ons vandag dat daar ruimtetyd is en dat die heelal besig is om uit te dy (teen ’n toenemende spoed).

Dit het vrae laat ontstaan oor die begin van die heelal.

Hawking het gesê dit was op 21-jarige ouderdom, terwyl hy met dié vraag gesit het, dat sy navorsing hom gelei het tot die ontdekking dat daar eens ’n baie digte singulariteit was.

Die digte singulariteit was so klein (Planck-grootte) – een biljoen, triljoen, triljoenste van ’n sentimeter.

“Nou vra julle: Maar hoe het die heelal begin? Julle sal oplet dat ek nie op die vraag ingaan nie omdat ek nie lus is om soos Galileo Galilei aan die Inkwisisie oorgegee te word nie. Daarom gee ek nie ’n lesing hieroor nie.

“Die probleem met die begin van tyd is dieselfde probleem wat ons het met die einde van tyd – op dieselfde manier as toe mense eens op ’n tyd gedink het die aarde is plat.

“Ek weet die aarde is nie plat nie omdat ek al om hom gereis het en nog nie afgeval het nie,” het hy gesê.

Wanneer Einstein se algemene relatiwiteitsteorie gekombineer word met kwantumfisika, reageer tyd anders. Tyd word dan gemeet in grade van breedte en die vraag oor die begin van tyd kry ’n ander perspektief.

Tyd is dan amper soos die vorming van stoom of borrels kokende water met die geskiedenis van die heelal as die oppervlak.

Wanneer die vroeë heelal bestudeer word, is onreëlmatighede te sien. Dié dele, wat digter was, het ontwikkel in die sterre en sterrestelsels wat vandag bestaan. En uiteindelik is ons die produkte daarvan – van dié kwantumfluktuasies van die vroeë heelal.

“Die heelal sal vir ewig uitdy. Sal hy weer ineenstort? Dít is een van die vrae. Is inflasie (toe ons heelal, ’n breukdeel van ’n sekonde direk ná die oerknal, buite beheer opgeblaas het), ’n natuurwet? En waar kom ons vandaan? Hoekom is ons hier? Dit is steeds tergende vrae. Dankie dat julle na my geluister het,” het Hawking onder luide applous gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |