Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Klagtes oor busse, parkering by stasie
Mnr. Peter Bellis sal nét om een rede nie weer met die Business Express ry nie – die tyd wat dit neem om van Johannesburg Parkstasie tot by sy werk in Sandton te kom. Bellis, ’n stelselontleder wat in East Lynne woon, was een van 65 pendelaars wat gister vir die eerste keer met dié nuwe trein van Pretoria na Johannesburg gery het. Die trein het plek vir 530 passasiers en hou ook in Centurion en Kempton Park stil. Volgens Bellis was daar “onmiddellike verwarring” toe passasiers by Parkstasie uit die trein geklim het. ’n Metrorail-personeellid het passasiers ’n paar minute later wel na twee busse wat deel is van ’n gratis busdiens vir kliënte, geneem. Die busbestuurder van die bus wat Rosebank toe ry, het aanvanklik vir Bellis gesê hy gaan nie in Sandton stilhou nie, maar die roete is intussen verander om dié buurt ook in te sluit. Die bus het om 08:22 by Sandton City stilgehou en Bellis was om 08:30 agter sy lessenaar. Mnr. Peter Leshabane het gesê hy het nie geweet waar om by die Pretoria-stasie te parkeer nie omdat dit nie duidelik gemerk was nie. Andersins het hy ’n “goeie indruk” van die trein. Ander passasiers het by hul terugkeer na Pretoria gisteraand aan Aldi Schoeman gesê hul enigste klagtes is dat aanwysings op stasies nie duidelik is nie en dat busse ook nie duidelik gemerk is nie. Passasiers was ook nie seker waar om vir die busse waarmee hulle gistermiddag na Parkstasie geneem moes word, te wag nie. Me. Jenny Beukes van Annlin in Pretoria, wat in Kempton Park opgeklim het, het aan Cobus Coetzee gesê sy was bang die trein hou dalk nie by dié stasie stil nie. “Ek het vir die drywer gewaai om te stop, want as hy nie het nie, was ek in my m**r in.” Mnr. Sibusiso Ngomane, Metrorail se kommersiële bestuurder in die Witwatersrand, het gister gesê duidelike aanwysings gaan teen Vrydag by alle stasies aangebring wees. Die roetes wat die gratis busdiens volg, gaan glo ook op www.metrorail.co.za beskikbaar wees.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|