Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Business Express betyds, gerieflik
    May 12 2008 09:37:51:007PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Passasiers op die Business Express, Metrorail se eersteklastrein, lees koerant onderweg na Johannesburg. Gratis koerante en koffie word op dié trein verskaf. Foto: Nardus Engelbrecht
    Verwante Berigte
  • Klagtes oor busse, parkering by stasie
  • Carina van Wyk

    Met ’n koerant in die een hand en ’n koppie koffie in die ander was ’n paar pendelaars gister douvoordag gereed vir hul eerste rit in Metrorail se nuwe Business Express.

    Dié trein is gemik op sakelui wat in Pretoria woon en in Johannesburg werk.

    Me. Zodwa Nkosi, ’n kommunikasiekonsultant wat in die Wilgers in Pretoria woon, was hard aan die werk agter haar skootrekenaar. Daar is ’n tafelgedeelte met kragpunte vir drie rekenaars in elk van die nege passasierswaens.

    Volgens Nkosi, wat in die Carlton-sentrum in die Johannesburgse middestad werk, sal sy weens druk verkeer met die trein werk toe ry, selfs al was brandstof goedkoper.

    “Ek is moeg vir die verkeer. Dit kos my R2 600 per maand om by die werk te kom. Die trein is ’n baie goeie alternatief om my begroting te laat klop,” sê mnr. Jacques Bouwer, ’n sake-ontleder wat in Magalieskruin woon en by Standard Bank in Johannesburg werk.

    ’n Enkelkaartjie van Pretoria na Johannesburg kos R30, ’n retoerkaartjie R60, ’n weeklikse retoerkaartjie R300 en ’n maandelikse retoerkaartjie R750.

    Volgens mnr. Sibusiso Ngomane, Metrorail se kommersiële bestuurder in die Witwatersrand, gaan die diens van Junie af ook ’n oggendrit van Johannesburg na Pretoria en ’n middagrit in die teenoorgestelde rigting insluit.

    Met die aankoms van Beeld se verslaggewers by die stasie in Bosmanstraat het dit ’n paar minute geneem om die parkering vir Business Express-kliënte op te spoor omdat dit nog nie duidelik gemerk is nie. Parkeergeld is by die kaartjieprys ingesluit.

    Dié span het as heeltemal onervare pendelaars op die inligtingstoonbank afgepyl waar hulle sonder probleme vasgestel het waar om kaartjies te koop.

    Die trein het om 06:15 uit Pretoria vertrek, tien minute later in Centurion stilgehou en om 06:55 in Kempton Park – elke keer betyds.

    Die aankoms in Johannesburg was tien minute ná die verwagte tyd van 07:15, waarna passasiers na twee busse geneem is. Een van die busse ry deur die middestad tot by die Absa-gebou in Mainweg. Die ander een ry Rosebank en Sandton toe.

    Die trein het gistermiddag weer betyds vertrek en was teen 18:30 terug in die Jakarandastad.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |