Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Motorfietsryer wat glo resies jaag, in ’n koma
’n Voetganger is eergisteraand tydens onwettige straatrenne in Voortrekkersweg, Pretoria, doodgery. Twee vriende het na bewering in dié bekende straat met hul motorfietse resies gejaag. Mnr. Ryno Derksen (21) het glo omstreeks 20:00 ’n voetganger, mnr. Pieter Coenraad, getref wat oor die pad geloop en toe doodstil gaan staan het. Coenraad is teen die sypaadjie geslinger en Derksen en sy motorfiets het ’n paal getref. Me. Louise Brits, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gister gesê sy motorfiets is in twee geskeur weens die impak. Derksen is in ’n koma in die Pretoriase Akademiese Hospitaal. “Volgens ooggetuies het die beseerde man en ’n vriend glo geruime tyd op twee motorfietse in Voortrekkersweg gejaag en waaghalsige toertjies op hul voor- en agterwiele uitgevoer. “Hulle het glo net voordat hulle weer by Ben Swartstraat in Gezina gekom het, hul motorfietse se voorwiele op die teerpad neergesit toe die voetganger oor die pad gestap het,” het Brits gesê. “Ooggetuies het gesê daar was twee motorfietsryers, maar ons kon tot nou toe nie die ander man opspoor nie.” Mnr. Christof Vermeulen (20), Derksen se vriend wat op die toneel was, het bevestig dat Derksen en nog ’n vriend “ ’n paar keer op en af in die straat gery het”, maar hy het gesê hulle het nie resies gejaag nie. Hy het gesê hy ken nie die ander motorfietsryer nie. Daar word gereeld op Sondagaande onwettige straatrenne in Voortrekkersweg gehou en honderde mense drom langs die straat saam om dit te aanskou. Die metropolisie en die polisie het al telkemale padversperrings gehou in ’n poging om dit te voorkom. Brits het gesê die metropolisie het ’n klag van strafbare manslag teen Derksen aanhangig gemaak en die saak aan die Wonderboom-poort-polisie vir ondersoek oorhandig. Insp. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie die saak ondersoek. “Die beseerde motorfietsryer is tans in ’n koma in die hospitaal.” Olivier het bygevoeg dat minstens twee ander jong motorfietsryers die afgelope jaar in Voortrekkersweg en omliggende strate dood is tydens onwettige straatrenne. In een voorval is ’n 24-jarige man op 18 Julie 2007 dood ná ’n botsing tussen ’n vragmotor en sy motorfiets. ’n 20-jarige man is ook op 9 Julie 2007 dood in ’n botsing tussen ’n motorfiets en ’n bakkie op die hoek van Swemmerstraat en Voortrekkersweg.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|