Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Slabbert word Stellenbosch se nuwe kanselier
May 12 2008 09:49:08:793PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jackie Pienaar-Brink

Stellenbosch. – Dr. Frederik Van Zyl Slabbert, politieke kommentator en stigter van die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa), is die nuwe kanselier van die Universiteit van Stellenbosch (US).

Slabbert (68) en mnr. Ton Vosloo, voorsitter van Naspers, was die voorkeurkandidate.

Prof. Russel Botman, voorsitter van die kieskollege en US-rektor, het gisteraand gesê daar is nie in die kieskollege enige debat gevoer oor die ras of die inhoud van die twee kandidate se curriculum vitae nie nadat gerugte in hierdie verband die ronde gedoen het. Een lid het net gemeld dat dit jammer is dat hulle so ’n eenduidige benoeming voor hulle het.

Die kieskollege bestaan uit lede van die raad, lede van die uitvoerende komitee van die senaat, en die president en visepresident van die konvokasie.

Volgens Botman was daar ’n versoek deur een van die voorstellers van ’n kandidaat dat ’n e-pos in die voorsteller se afwesigheid gelees word.

Dit is egter strydig met die reëls.

Daar was ook ’n vraag deur lede van die kieskollege oor wat hulle te doen staan as hulle nie een van die twee kandidate as kanselier wil hê nie. Die registrateur het verduidelik dat ’n bedorwe stembrief steeds as ’n uitgebragte stem tel.

Die posisie van US-kanselier het vakant geraak met die afsterwe van prof. Elize Botha, die eerste vrou in die amp, op 16 November.

Haar tweede ampstermyn sou in Junie verstryk het.

Botman het gesê Slabbert se alma mater verwelkom hom terug as seremoniële hoof. Slabbert het dit as ’n groot voorreg beskryf om die aanstelling te aanvaar.

Slabbert, eerste koshuisvader van Majuba-manskoshuis, was in 2003 die voorsitter van die paneel wat koshuistradisies en kampuskultuur op Stellenbosch ondersoek het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |