Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Inwoner wil rooftog aanmeld; bel vriend ná vier probeerslae
May 12 2008 09:57:15:827PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Virginia Keppler

’n Besorgde inwoner van Pierre van Ryneveld, Pretoria, wat ’n rooftog by ’n veiligheidsmaatskappy se beheerkamer wou aanmeld, het ná vier oproepe na die polisie se noodnommer waartydens niemand hom na behore kon help nie, moed opgegee.

Twee werknemers by die beheerkamer van S-G-sekuriteit in Escombestraat in Rietvalleipark, in die ooste van Pretoria, is Sondagoggend om 03:00 deur drie gewapende rowers oorval, vasgebind en beroof.

Mnr. Willie Venter, woordvoerder van S-G-sekuriteit, het gesê die rowers het twee van hul werknemers met elektriese kabels vasgebind en hulle van persoonlike besittings, twee handradio’s en ’n rekenaar beroof. Hy het gesê niemand is in die voorval beseer nie en geen skote is afgevuur nie.

Mnr. Buks Meintjies (60) van Shackletonweg in Pierre van Ryneveld, sowat drie kilometer van die veiligheidssmaatskappy se beheerkamer, het gesê hy het op daardie tydstip gedink het hy het skote iewers hoor klap, en die maatskappy se beheerkamer gebel.

“Die vrou aan die ander kant het gesê hulle is pas beroof. Ek het daarna die polisie se noodnommer – 10111 – gebel, maar nadat ek vier keer gebel het en 20 minute gesukkel het met iemand wat elke keer gesê het sy verstaan nie Afrikaans nie ten spyte van die feit dat ek Engels gepraat het, het ek moed opgegee,” het hy gesê.

Meintjies het toe uit moedeloosheid ’n vriend gebel wat die Lyttelton-polisie van die voorval verwittig het. “Op my een foon het ek die vrou van S-G-sekuriteit gehad en aan die ander kant die vrou van 10111 en nogtans kon 10111 nie betyds reageer nie. Dit is skrikwekkend.”

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, kon nie gister die voorval bevestig nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |