Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Inge Lotz: eise gaan voort
Kaapstad. - Me. Inge Lotz sou gister 26 jaar oud geword het, en meer as drie jaar ná haar dood is dit steeds onbekend wie haar vermoor het. Haar destydse kêrel, mnr. Fred van der Vyver, is in November verlede jaar in die Kaapse hooggeregshof onskuldig bevind op aanklag van haar moord op 16 Maart 2005. Die siviele eis van R8 miljoen wat Lotz se ouers teen Van der Vyver gebring het, gaan steeds voort, het me. Dani Cohen, 'n woordvoerder vir prof. Jan en mev. Juanita Lotz, gister gesê. Dir. Attie Trollip, die ondersoekbeampte in die moord op Lotz, wou hom nie gister uitlaat oor die moontlikheid van nuwe leidrade in dié ondersoek nie. Volgens Cohen gaan "nuwe, objektiewe en bewysbare inligting" in die siviele eis teen Van der Vyver gebring word. Intussen het Lotz se ouers en mnr. Wimpie Boshoff, 'n goeie vriend van die oorledene, die "vreugdedag van haar geboorte" met 'n roerende huldeblyk in Beeld se susterskoerant Die Burger gedenk. "Vir 22 jaar en 10 maande was sy ons liefde, ons lewe. "Ons eer ons Skepper vir haar menswees en kosbare herinneringe," het haar ma en pa in dié huldeblyk aan hul lieflingkind geskryf. Boshoff, wat tans aan die universiteit Oxford in Engeland studeer, het sy tesis aan haar opgedra. Mev. Lotz wou nie veel sê oor wat hulle vir dié dag beplan het nie. "Elke dag is 'n stryd en verskriklik pynlik vir haar ouers," het Cohen gesê. "Lieflingkind - Engel - die tyd sonder jou is te lank...te séér," lui 'n kaartjie op die gedenkmuur by die NG kerk Welgemoed. Van der Vyver het by navraag gesê hy weet gister was Lotz se verjaardag, maar "ons as familie het 'n persoonlike besluit geneem om nie met die media te praat nie". Van der Vyver eis self sowat R17 miljoen van die polisie vir onder meer kwaadwillige vervolging.
Luidens hofstukke wat hy by die Kaapse hooggeregshof ingedien het in reaksie op die siviele eis teen hom, is dié eis kwaadwillig, wraaksugtig, kwelsugtig en roekeloos.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|