Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Bejaarde se keel gesny; rowers buit net R1 000 en 7 brode
May 13 2008 06:51:27:560PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – ’n Vrou van dié stad het ’n noue ontkoming gehad toe sy tydens ’n plaasaanval in Musina (Messina) beseer is.

Mev. Emmerentia Fourie (63) is vasgebind en een van haar aanvallers het haar met ’n mes aan haar keel gesny.

Die aanvallers het onder meer met sewe brode gevlug uit die winkeltjie wat uit die plaashuis bedryf word.

Insp. Francois Cilliers, polisiewoordvoerder in Musina, het gesê Fourie het ’n ligte sny aan haar keel opgedoen.

Volgens hom het vier mans Vrydag net ná 12:00 toegeslaan op die Hartz-plaas wat aan mnr. Andries Nel, Fourie se broer, behoort.

Fourie van Polokwane het saam met ’n 73-jarige vriendin op die plaas gekuier.

Hulle was alleen by die huis tydens die voorval.

Cilliers het gesê ’n winkel word uit die plaashuis bedryf waar mense kruideniersware soos brood kan koop.

Volgens hom het Fourie en haar vriendin vergeet om die veiligheidshek van die huis te sluit.

Die vier aanvallers het die huis binnegekom en hulle oorrompel.

Fourie is vasgebind waarna haar keelvel met die mes gesny is.

Haar vriendin is rondgepluk en een van die aanvallers het haar met sy knie in haar maag gestamp.

Die aanvallers het sewe brode uit die winkel gesteel en R1 000 gebuit voordat hulle gevlug het.

Volgens Cilliers het die vroue daarin geslaag om oor die burgerbandradio hulp te ontbied.

Mnr. Johan Taute, ’n oud-polisieman, het hul hulpkreet oor die radio gehoor en dadelik die polisie ontbied.

’n Soektog is na die aanvallers begin, maar teen druktyd was hulle steeds op vrye voete.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |