Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Ná 8 km in water het ek onthou álmal pyn’
May 13 2008 08:25:38:310PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Suid-Afrika se swemsensasie Natalie du Toit. Foto: Bongiwe Gumede
Alet van Zyl

Ná omtrent 8 km in die water raak jou lyf moeg, maar jy moet net “jou droom voor oë hou en onthou almal (se lyf) is seer, maar jy sal net moet seerder kry”.

Só beskryf Natalie du Toit haar denke wanneer sy haarself moet motiveer om uit te hou en aan te hou in die 10 km-swemmarathon.

Du Toit het onlangs in die Internasionale Swemfederasie (Fina) se vyfde oopwater-byeenkoms in Sevilla, Spanje, geskiedenis gemaak toe sy in dié item vir die Olimpiese Spele later vanjaar in Beijing, China, gekwalifiseer het.

Gister, pas ná haar aankoms terug in Suid-Afrika nadat sy ook aan die Paralimpiese Wêreldbeker in Manchester, Engeland, gaan deelneem en daar goud gewen het in die 100 m vryslag, is sy deur hordes joernaliste by die Johannesburg-stadion in Nieu-Doornfontein in die ooste van Johannesburg ingewag.

Sonder om vir een oomblik op te hou glimlag, het sy vertel hoe sy nooit sou kon dink dat sy nóú al haar groot droom sou bewaarheid om te kwalifiseer om teen nie-gestremdes in die Olimpiese Spele deel te neem, nie.

Volgens haar het sy bly glo sy sal vir die Spele kwalifiseer, maar het sy dit eers nader aan Augustus verwag.

Oor die eerste 7,5 km van die resies het sy gekonsentreer om van die agterste bondel tot by die voorste swemmers te veg.

“Dit was eers nadat driekwart van die resies (verby was) dat ek besef het ek is derde. Ek het besef die ander swemmers gaan nou alles uithaal oor die laaste 2 km en ek sal moet byhou.”

En dís presies wat sy gedoen het om ’n breukdeel van ’n sekonde agter die derde swemmer te eindig in ’n vierde plek.

“Ek het in trane uitgebars. Ek sou nooit kon droom dat ek daar en dan onder die toptien (swemmers) sou eindig nie, maar ek was baie gelukkig,” vertel sy laggend en voeg by dat sy eintlik ’n punt daarvan maak om nóóit voor mense te huil nie.

Die eerste tien swemmers uit 51 deelnemers het outomaties vir ’n plek in die wegspring by die Spele gekwalifiseer.

“Toe ek uit die water klim, het álmal my gedruk. Ek sal nie eens kan weet wie almal nie.”

  • Lees ’n volledige gesprek met Natalie du Toit in die Saterdag-artikel Onder 4 oë.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |