Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
SAL verloor Waratahs se bagasie
Vir die eerste oefening sedert hulle van twee weke in Suid-Afrika teruggekeer het, moes die Waratahs in Australië raap en skraap om genoeg klere te hê om mee te oefen. Die rede daarvoor is dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) dié Super14-span se bagasie tussen Kaapstad en Johannesburg laat wegraak het. Mnr. Djuro Sen, spanwoordvoerder, het uit Australië aan Beeld gesê die span het Sondagoggend uit Kaapstad – waar hulle Saterdag gelykop teen die Stormers gespeel het – gevlieg. Hulle het met die SAL van Kaapstad na Johannesburg gevlieg. In Johannesburg sou hulle met die Australiese lugdiens Qantas na Sydney vlieg. Sen het gesê toe die span op Johannesburg land, was hul bagasie nie daar nie. Dit beteken die span moes die vliegtuig na Sydney bestyg met die wete dat hul bagasie nie saam met hulle huis toe gaan nie. Volgens News24 het 104 uit die span se 109 stukke bagasie agtergebly. Toe hulle dus in Sydney aangekom het, het hulle nie klere, rugbystewels of mondskerms by hulle gehad nie. Slegs ’n paar balle en duik-sakke het wel die regte bestemming bereik. Ewen McKenzie, die span se afrigter, het aan News24 gesê in Johannesburg is net aan hulle gesê “die goed het nie hier aangekom nie”. “Ons het as gevolg van probleme met die bagasie ’n uur en ’n half op die lughawe rondgesit, so ek weet nie wat hulle gedoen het nie.” Vir die eerste oefening ná die span se tuiskoms was hul bagasie steeds nie daar nie. Volgens Sen het die bagasie eergisteraand met Qantas in Sydney aangekom. “Alles het darem goed afgeloop om die goed weer hier te kry.” Me. Nothemba Noruwana, kommunikasiebestuurder van die Lughawensmaatskappy, Acsa, sê verlore bagasie is nie die verantwoordelikheid van Acsa nie, maar van die betrokke lugdiens. Die SAL het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|