Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Myne bedreig Jozi erger as Wes-Rand
May 13 2008 10:09:38:843PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elise Tempelhoff

Die uitgemynde holte onder Johannesburg is nog groter as dié onder die Wes-Rand waaroor Beeld gister berig het.

Mnr. Marius Keet, adjunkdirekteur van waterwese en bosbou, het gister gesê die “leegte” in die sentrale kom is “baie groter” as dié aan die Wes- of die Oos-Rand.

Die uitgemynde holtes aan die Witwatersrand is volgens ’n wetenskaplike só omvangryk dat ’n mens ondergronds byna van Randfontein in die weste tot in Boksburg en Springs in die ooste kan stap.

Dié ondergrondse “konynkolonie” is op plekke tussen 3 en 4 km diep, sê die wetenskaplike.

Beeld het gister berig oor die leegte van byna 45 miljoen m3 wat die afgelope 120 jaar onder die Wes-Rand uitgemyn is.

In die sentrale kom (onder Johannesburg) en aan die Oos-Rand (die oostelike kom) is soortgelyke uitgemynde leegtes. Só ook aan die Verre-Wes-Rand tussen Randfontein en Carletonville.

Baie van dié “leegtes” híér is egter in die jare sestig met ’n mengsel van mynslik en sement opgevul in ’n poging om sinkgate te voorkom.

Sinkgate, suurmynwater, ou slikdamme (mynhope) en die radioaktiwiteit van die water en grond se invloed op die omgewing en die inwoners wek veral kommer, veral in die lig van die meeste van die myne wat nou hul einde nader.

Mnr. Garfield Krige van African Environmental Development, sê die grootste gevaar vir die omgewing aan die Wes-Rand is die suurmynwater wat die dolomiete noord van Krugersdorp tot by die Sterkfonteingrotte “wegvreet” eerder as die grond bo die “leegte” wat kan meegee.

Die suurmynwater het in 2 ½ jaar leegtes noord van die Krugersdorp-wildtuin oopgevreet wat saam sowat 8 960 m3 groot is.

Krige het ’n hidrologiese verslag vir Harmony Gold opgestel nadat suurmynwater in 2002 “onverwags” by ’n ou boorgat naby een van sy skagte begin uitborrel en in die Tweelopiespruit beland het.

Volgens Krige is die leegte aan die Wes-Rand op plekke dieper. Die gemiddelde diepte is sowat 1,6 km, met hier en daar “pilare” wat stukrag bied.

Krige vra die owerheid om die N14, noord van Krugersdorp, dop te hou. Dit is ’n pad wat swaar verkeer dra en een van die hoofverbindingsroetes tussen Johannesburg en Bo?tswana. Dié pad en die Wieg van die Mensdom word erg bedreig deur die gebied se versteurde geologie en die suurmynwater.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |