Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Om jou enigste kind te verloor...
May 14 2008 06:58:45:213AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Hannetjie Stadler kyk stip na Heinrich van Rooyen terwyl sy vir die hof vertel hoe haar dogter se dood haar lewe geraak het. Foto: Leánne Stander
Verwante Berigte
  • Platejoggie het 2 vroue vermoor, sê hof
  • Tisha Steyn

    Knysna. - "My kind is weg en ek het niks oor om voor te lewe nie."

    Só het die vermoorde Victoria Stadler se ma, me. Hannetjie Stadler, gister in 'n volgepakte hofsaal hier getuig voordat Heinrich van Rooyen vandag gevonnis word.

    Sy getuig ter strafverswaring teen Van Rooyen.

    Van Rooyen (25) is op 2 Mei skuldig bevind aan die moord op Victoria (20) en Jessica Wheeler (18) in 2005.

    Geklee in 'n grys romp en swart baadjie, het Stadler in die getuiebank gestaan en aan die volgepakte hof vertel watter soort mens haar enigste kind was.

    "Sy het hoë etiese waardes gehad," het sy gesê en vertel hoe haar dogter op laerskool 'n prefek en op hoërskool die onderhoofmeisie was. "Sy het nooit in die moeilikheid beland nie, sy was baie pligsgetrou en eerlik, sy het onenigheid verafsku."

    Glimlaggend het sy vertel van die sterk band tussen Victoria en haar ouma, me. Marie Stadler van Mosselbaai, by wie sy net voor haar dood sou gaan woon het.

    Victoria het om gesondheidsredes ná skool kus toe getrek, het Stadler vertel. "Victoria het asma gekry."

    Sy het vertel watter noue kontak sy met haar dogter gehad het. "Ek weet nie of die hof hom kan indink hoe dit is om die enigste kind, die enigste kleinkind, te verloor nie.

    "Teen skemer raak (die verlange) erg. Party dae is dit minder erg. Dis iets wat jy die hele dag lank voel.

    "Die gebeure van 10 November 2005 het my lewe tot stilstand gebring."

    "Daardie nag wat sy vermoor is, was sy alleen. Sy was bang vir die donker, sy het elke aand met 'n lig aan geslaap," het sy gesê en stip na Van Rooyen gekyk.

    "Ek is ontsteld oor die beskuldigde se weergawe van hoe hy met haar seks gehad het - my kind sou nooit so iets gedoen het nie."

    Op 'n vraag van regter Nathan Erasmus oor hoe sy oor die beskuldigde voel, het sy vir sy ouers, mnr. Isaac van Rooyen en sy vrou, Rebecca, gekyk en gesê: "Ek voel verskriklik jammer vir sy ouers. Ek sê dankie dat my kind nie aangekla word van moord nie."

    Adv. Christhénus van der Vijver, die staatsaanklaer, het 'n kort verklaring namens Wheeler se ouers, mnr. Kevin Wheeler en sy vrou, Dusty, voorgelees omdat hulle nie kans gesien het om dit te doen nie.

    "Jessica het soveel drome gehad waarvan sy beroof is," het hy die verklaring in Engels voorgelees.

    Die verdediging het aangedui dat hy ná vonnisoplegging aansoek sal doen om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |