Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Seuns beroof kinders van geld, selfone
Vyf seuns is gister, aan die vooraand van Kinderbeskermingsweek, in hegtenis geneem nadat hulle kinders met ’n pistool aangehou en van hul besittings beroof het. Die vyf verdagtes, almal tussen 14 en 15 jaar oud, is gistermiddag omstreeks 13:30 buite ’n hoërskool in Cleveland, Johannesburg, in hegtenis geneem, het kapt. Cheryl Engelbrecht, polisiewoordvoerder, gesê. Hulle het na bewering leerlinge wat op pad huis toe was, voorgekeer en van hul selfone, skoolsakke en geld beroof. Volgens Engelbrecht was hulle nie leerlinge van dié skool nie. “Een van die outjies het ’n paar jaar gelede sy skool in Pietermaritzburg verlaat. Die ander outjies het waarskynlik gedros.” Twee van die slagoffers het, kort nadat hulle beroof is, ’n patrollievoertuig gesien en sy aandag getrek. Die polisie het toe die verdagtes, wat nog buite die skoolhekke gestaan het, in hegtenis geneem. Volgens Engelbrecht het die verdagtes die wapen uit een van hul vriende se ouerhuise gesteel. Die verdagtes is tans in ’n plek van veiligheid aan die Wes-Rand. “Dis verskriklik om te dink dat ons nou kinders teen ander kinders moet beskerm. En dít twee weke voor Kinderbeskermingsweek. Dit kom alles neer op die korrekte opvoeding wat by die huis moet plaasvind,” het Engelbrecht gesê. Die seuns verskyn more in die Johannesburgse landdroshof op aanklagte van gewapende roof en die onwettige besit van ’n vuurwapen. – Leané du Plessis
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|