Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Geding teen McBride stol ná diefstal van hoflêers
    May 14 2008 07:06:43:980PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Philip de Bruin

    ’n Geding teen mnr. Robert McBride, omstrede hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, is in sy spore gestuit weens die onlangse inbraak by die Randse hooggeregshof.

    Verskeie lêers is tydens die inbraak gesteel, onder meer dié waarin McBride in ander hofgedinge betrokke is.

    Mnr. Alan Knight van Alan C. Knight-prokureurs in Benoni, opdraggewende prokureur van ses polisiebeamptes wat ’n siviele eis van digby R1 miljoen teen McBride ingestel het, het gister bevestig dat die polisiebeamptes se lêer ook tydens die inbraak gesteel is.

    Hy het ook gesê dat die hofgriffier as gevolg daarvan weier om ’n hofdatum vir die verhoor van die geding toe te ken.

    Die ses polisiebeamptes, almal van Boksburg, het die eis teen McBride ingestel ná ’n voorval op 4 Julie verlede jaar toe McBride volgens hofstukke by ’n misdaadtoneel opgedaag het.

    Volgens die polisiebeamptes het McBride in die teenwoordigheid van die publiek lasterlike aanmerkings teenoor hulle gemaak.

    Hy het, volgens die (verdwene) hofstukke, ook gedreig om die polisiebeamptes “met een skoot uit te wis” deur op ’n gassilinder naby die beamptes te skiet.

    Knight het gesê in die lig van die diefstal van die betrokke hoflêer weier die griffier om ’n verhoordatum toe te ken voordat alle pleitstukke weer volledig in die lêer is.

    “Ek is in die proses om weer al die hofstukke bymekaar te maak en ’n nuwe hoflêer saam te stel.

    “Dit is ’n tydsame proses en ek weet nie wanneer ek dit sal voltooi nie,” het hy gesê.

    Die eis sal egter “sonder twyfel” voortgaan.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |