Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Malaria verdubbel in Limpopo sedert 2006
Polokwane (Pietersburg). – Bykans 5 000 inwoners van Limpopo het verlede jaar malaria gehad. Die 4 735 mense wat dié lewensgevaarlike siekte opgedoen het, is meer as dubbel soveel as die 2 334 mense wat in 2006 met die siekte besmet is. Mnr. Seaparo Sekoati, LUR vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, het die syfers vandeesweek in die wetgewer in Lebowakgomo bekendgemaak tydens die jaarlikse begrotingstoespraak van die departement. Verlede jaar is 955 000 strukture in malariagebiede, wat veral in die Vhembe- en Mopani-streek van Limpopo val, met die gifstof DDT bespuit. Sekoati het gesê die departement gaan vanjaar die veldtog verskerp. Inligtingsveldtogte oor die gevare van malaria aan die inwoners van die provinsie gaan ook voort. Die departement het R73 miljoen opsy gesit in die veldtog teen malaria. Mnr. Phuti Seloba, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê verlede jaar is 21 mense in Limpopo aan malaria dood. Nog ’n groot probleem is die tekort aan dokters. Tans is daar sowat 500 dokters in die provinsie met sy meer as 5 miljoen inwoners. Seloba het gesê Limpopo moet 6 000 dokters hê. Programme is onderweg om dokters na die provinsie te lok. Tans is daar 16 dokters van Kuba, 8 van Iran, 2 van Tunisië en nog 16 dokters word binnekort van dié land verwag. Die totale begroting vir die gesondheidsdepartement vir 2008-’09 is sowat R7 miljard. Sowat R700 miljoen van die provinsiale begroting van R29 miljard gaan aan die departement van maatskaplike ontwikkeling. Sekoati het gesê die departement van maatskaplike ontwikkeling beoog om in die jaar 24 000 behoeftige gesinne van kospakkies te voorsien.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|