Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    1 sterf, 88 kry seer toe bus omslaan
    May 14 2008 09:07:32:480PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Nooddienswerkers behandel pendelaars wat gisteroggend in 'n busongeluk by die N1/N4-koeksisterkruising digby Pretoria beseer is. Foto: Theana Calitz
    Virginia Keppler

    Een mens is dood en 88 is beseer toe ’n bus van die Star-busdiens gister omstreeks 06:00 by die N1/N4-koeksisterkruising (waar die twee hoofweë bymekaarkom) digby Pretoria omgeslaan het.

    Pendelaars het gisteroggend vertel hoe die busbestuurder “onverskillig en baie vinnig gery het”.

    Die ongeluk het op die N4-afrit vanaf die N1-hoofweg gebeur nadat die bestuurder glo beheer oor die bus verloor en dit omgeslaan het.

    Die pendelaars was almal van Hammanskraal, noord van Pretoria, en was na die Pretoriase middestad op pad.

    Mnr. Jacob Mothlabane (22), wat sy skouer, nek en rug beseer het, het gesê die busbestuurder het heel pad onverskillig en baie vinnig gery.

    “Ons het hom verskeie kere gevra om stadiger te ry, maar hy het hom nie aan ons gesteur nie.

    “By die laaste tolhek (Pumulani) waardeur ons op die N1-hoofweg is, het die bus een van sy spieëltjies aan die kant stukkend gery.

    “Toe ons die afdraai na Pretoria neem, het hy te vinnig om die skerp draai gegaan en dit is toe dat die bus omgeslaan het,” het Mothlabane gesê.

    Volgens me. Peggy Morundi (43) het die bestuurder sedert hulle in Hammanskraal weggetrek het, nie een keer in die regte baan gery nie en telkens van sy koers afgegaan.

    Mnr. Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê toe hulle op die toneel kom, was die busbestuurder nêrens te vinde nie.

    “Hy (die busbestuurder) is glo met ’n private voertuig van die toneel af weggeneem,” het Pieterse gesê.

    Volgens Pieterse is twee van die beseerdes in ’n bedenklike toestand, 42 ernstig beseer en 44 lig beseer.

    Pieterse het gesê 12 ambulanse van die Tshwane-nooddienste en tien private ambulansdienste is ontbied om die pasiënte na die Tshwane-distrikshospitaal te vervoer.

    Vier pasiënte is na die Little Company of Mary-hospitaal geneem.

    Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur en strafbare manslag.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |