Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


SA oudgeneraals besoek slagoffers in hospitaal
May 14 2008 09:07:28:590PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Erika Gibson

Die groep afgetrede Suid-Afrikaanse generaals wat deur pres. Thabo Mbeki op ’n feitesending na Zimbabwe gestuur is, het slagoffers van wrede aanvalle op opposisie-ondersteuners in hospitale besoek.

Mbeki het die groep van vermoedelik agt generaals onder die vaandel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gestuur om eerstehandse inligting oor beweerde geweld deur Zanu-PF in te samel.

Hulle het verlede Maandag na Zimbabwe vertrek en is na verneem word reeds terug in Suid-Afrika waar hulle ’n verslag vir Mbeki sal opstel.

Die groep het onder leiding van lt.genl. Gilbert Ramano, afge?trede leërhoof, opgetree.

Die presidensie het tot dusver geen aanduiding gegee oor die groep se mandaat en of die verslag hoegenaamd openbaar gemaak sal word nie.

Die generaals is na berig word ook deur kerk- en mediese groeperings toegespreek.

Een dokter in Harare het luidens die New York Times gesê hy was beïndruk deur die generaals se deernis en dat hulle duidelik die verskriklike omvang van die geweld begryp het.

Intussen het mnr. James McGee, die VSA se ambassadeur in Zimbabwe, gister op dié ambassade se webwerf gesê as ’n ondersteuner van menseregte het hy geen keuse as om die waarheid oor die geweld te vertel nie.

McGee en ’n aantal ander ambassadeurs was eergister verskeie kere met die Zimbabwiese polisie slaags nadat hulle glo sonder toestemming slagoffers in hospitale en gebiede wat onder die geweld deurgeloop het, besoek het.

Hulle was in een stadium in ’n hospitaal toegesluit met die polisie wat hulle nie wou laat uitkom nie.

McGee het die polisie gekonfronteer en die hekke oopgemaak voordat hy en sy gevolg vertrek het.

“Niemand kan dit betwyfel dat Zanu-PF ’n stelselmatige veldtog van geweld begin het om die stemproses te blokkeer nie.

“Die Amerikaanse regering het konkrete bewyse van huise wat vernietig is, aanrandings, intimidasie en selfs moord.

“Ons het hierdie inligting met die Verenigde Nasies en streekleiers gedeel (sodat niemand kan ontken dat hulle daarvan bewus is nie).”

Volgens McGee het hy verslae oor meer as 700 voorvalle van geweld waarin 200 mense so beseer is dat hulle in die hospitaal beland het. Minstens 20 mense is gedood.

“In een geval is ’n MDC-kiesafdelingvoorsitter deur ’n groep soldate uit sy huis gehaal en met knuppels en gewere aangerand.

“Hy is by ’n polisiekantoor afgelaai waar hy ’n dag lank aangehou en gedwing is om ’n vrylatingsboete te betaal.”

In nog voorvalle het ’n bende van 30 Zanu-PF-lede ’n bejaarde man en verskeie ander mense na ’n militêre basis geneem waar hulle aangerand is.

Ná ’n dag van marteling moes hulle boetes betaal en is hulle gewaarsku dat hulle wéér aangerand sou word as hulle vir die MDC stem.

“Hierdie geweld durf nie langer voortduur nie. Ek sal aanhou om daaroor te praat en te eis dat dit ophou. Ons het die identiteite van diegene verantwoordelik vir die aanstigting van geweld. Ons sal aanhou om bewyse bymekaar te maak sodat die skuldiges aan die pen kan ry.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |