Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Alex: IVP kry skuld
May 14 2008 09:22:48:703PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Winnie Madikizela-Mandela praat gister met van die daklose immigrante in Alexandra.Foto: Felix Dlangamandla
Verwante Berigte
  • Cosatu boos oor lede in Alex-geweld
  • Hoofartikel: Xenofobie
  • 'Dít veroorsaak xenofobie'
  • Msimelelo Njwabane

    Die ANC in Alexandra sê die IVP en die burgerregtegroep Sanco sit agter die geweld teen immigrante in dié township noord van Johannesburg.

    Dié aantyging is vervat in ’n verslag deur die ANC in Alexandra wat gister op ’n geslote vergadering aan mnr. Amos Masondo, burgemeester van Johannesburg, asook vyf ANC-lede van die Gautengse wetgewer, mnre. Paul Mashatile en Firoz Cachalia, me. Barbara Creecy, en mnre. Ignatius Jacobs en Kgagelo Lekgoro, oorhandig is.

    Volgens die ANC se Alexandra-tak is die IVP en Sanco vasbeslote om die immigrante uit die township te verdryf.

    In die verslag wat deur Beeld gesien is, sê die ANC die gewelddadige veldtog teen immigrante het begin binne ure nadat die plaaslike IVP-tak sy algemene vergadering gehou het. Die veldtog is glo begin vanuit die Nobuhle-hostel in die KwaMadala-gebied – die IVP se vesting in Alexandra.

    Mnr. Nhlanhla Msimango, adjunkvoorsitter van die IVP in Alexandra, het ontken dat sy party by die aanvalle betrokke is: “Die aantygings is vals.”

    Minstens drie mense is dood, tientalle ander is beseer en honderde is haweloos weens die geweld wat sedert die naweek woed.

    Luidens die ANC-verslag het Sanco tydens ’n vergadering op 6 April onderneem om “alle buitelandse burgers uit Alexandra te dryf”.

    Die verslag koppel die geweld ook aan ’n vergadering van die gemeenskapspolisiëringsforum van inwoners van die Beiroet- informele nedersetting vroeër vandeesmaand, waar die skuld vir ’n toename in misdaad op immigrante gepak is.

    En laastens het ook die IVP op sy vergadering verlede naweek onderneem om die vreemdelinge uit Alexandra te dryf. Die aanvalle het glo kort daarna begin.

    “Die aanvalle is die gevolg van politieke ingryping en ’n opportunistiese misdadige element wat die situasie uitbuit,” lui die ANC-verslag. “Geen ‘sleutelspelers’ in die veldtog kon egter geïdentifiseer word nie.”

    Mashatile het egter later ontken dat hy en die vyf ander ANC-hoës oor ’n politieke motief agter die aanvalle ingelig is. “Ons kon geen politieke motief bespeur nie; ons weet die motief is slegs misdadig van aard.”

    Mnr. Aziz Pahad, adjunkminister van buitelandse sake, het gister in Kaapstad gevra dat die “moontlike betrokkenheid van ander magte” by die vlaag xenofobiese aanvalle ondersoek word.

    Die DA het intussen gevra dat die weermag ingryp.

    Pahad het gister gesê die jongste geweld is veral kommerwekkend in die lig van die geskiedenis van die land en gesien teen die agtergrond dat Suid-Afrika in 2001 die gasheer van die Wêreldberaad teen rassisme was.

    Die vakverbond Cosatu en die SAKP het gister teen sy “eie werkers” uitgevaar omdat “hulle deel is van plundery” ná die vlaag xenofobiese aanvalle op immigrante in Alexandra.

    “As jy honger is, dan steel jy nie iemand se TV of verkrag hulle vroue nie,” het dr. Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, gister gesê.

    Mnr. Japhet Khumalo, ’n Zimbab-wiër wat saam met honderde ander immigrante op die perseel van die Alexandra-polisiekantoor skuil, het gister gesê hy wil nie na sy woonplek terugkeer nie uit vrees vir sy lewe.

    Khumalo sê hy is so bang dat hy bereid is om terug te keer na Zimbabwe, ondanks die haglike ekonomiese situasie en die toenemende politieke geweld in sy tuisland. “Ek kan nie só leef nie. Ek sal liewer gaan sterf van die honger in Zimbabwe as om hier te sterf.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |