Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
SA kan optree teen Zim ná verslag
Kaapstad. – As die groep afgetrede generaals wat pres. Thabo Mbeki as waarnemers na Zimbabwe gestuur het, baie geweld daar aanmeld, sal Suid-Afrika daarvolgens optree. Só het mnr. Aziz Pahad, adjunkminister van buitelandse sake, gister op ’n mediakonferensie in die parlement gesê. “As hul verslag ’n klomp geweld in die land aandui, sal ons daarvolgens moet optree. Indien hulle tot die slotsom kom daar is nie soveel geweld nie, sal ons daarvolgens optree.” Mbeki het die generaals na Zimbabwe gestuur as waarnemers tydens dié land se verkiesing in Maart. Hul verslag word eersdaags aan hom voorgelê. Volgens Pahad het verslae oor geweld in Zimbabwe Mbeki se besluit beïnvloed om die generaals te stuur. “Dis gegrond op die bewerings dat militêre personeel en oorlogsveterane ontplooi is om geweld aan te blaas. “Dié generaals het hul eie ondervindings met onder meer ons swart-op-swart geweld en sou die bewerings beter kon verifieer.” Pahad het berigte ontken dat Mbeki die verslag van twee regters wat hy in 2002 na Zimbabwe gestuur het om dié verkiesing toe waar te neem, destyds geïgnoreer het. “Dis net nie openbaar gemaak nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|