Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Alle Johannesburgers sal dalk vooraf vir water moet betaal
May 15 2008 01:24:16:140AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Amanda Tongha

Alle inwoners van Johannesburg gaan dalk in die toekoms water, wat deur die Johannesburgse metroraad verskaf word, vooraf moet aankoop.

Die metroraad het gister bekend gemaak hy oorweeg planne om voorafbetaalde watermeters na die res van Johannesburg uit te brei en nie slegs in dele van Soweto soos tans die geval is nie.

Die metroraad het gereageer op ’n onlangse bevel deur die Johannesburgse hooggeregshof dat watermeters in Phiri, Soweto en omliggende gebiede ongrondwetlik en diskriminerend is.

Dit kom nadat inwoners van dié woonbuurt die metroraad hof toe gesleep het oor sy beleid dat huishoudings hier op slegs6 kl gratis water per maand (sowat 25 liter per persoon per dag) geregtig is. Sodra dié water opgebruik is, word inwoners se watertoevoer afgesny en moet hulle water aankoop. Die hooggeregshof het bevind dié beleid is onwettig omdat inwoners van ander dele in Johannesburg water op krediet kry van die metro.

Die metroraad is ook beveel om die daaglikse 25 liter gratis water per persoon tot 50 liter water te verhoog.

By ’n mediakonferensie gister het mnr. Amos Masondo, burgemeester van Johannesburg, bekend gemaak dat die metroraad appèl gaan aanteken teen dié beslissing en het hy terselfdertyd regter M.P. Tsoka, wat die bevel gemaak het, aangeval. Masondo het gesê Tsoka was verkeerd en regters moet hulle hou by dít wat hulle veronderstel is om te doen. “Ons kan nie ’n situasie hê waar regters die rol van die parlement oorneem nie.

“As hulle (regters) die land wil reageer moet hulle ’n politieke party begin.”

Masondo het gesê die installering van watermeters in Soweto het niks daarmee te doen of mense in ryk of arm gebiede woon nie, maar gaan eerder daaroor om water te bespaar.

Volgens mnr. Mavela Dlamini, stadsbestuurder van die metroraad, is die uitbreiding van watermeters na die res van Johannesburg nog in die beplanningsfase. Hy het gesê inwoners sal met ’n zero-waterlesing begin en water wat hulle benodig, vooraf moet aankoop.

Die waterlesing van diegene wat as arm geregistreer is, sal met 10 kl gratis water begin en hulle moet betaal wanneer dit opgebruik is en hulle nog wil hê.

Mnr. Patra Sindane, woordvoerder van die koalisie teen waterprivatisering, het gesê hulle is reeds in kennis gestel dat die metro gaan appelleer en sê hulle hoop, anders as met inwoners van Soweto, dat Johannesburgers geraadpleeg sal word oor die metroraad se planne.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |