Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Bok Schalk Burger se suster ontvoer, aangerand
May 15 2008 01:24:13:483AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Identikit van een van die mans wat betrokke was by die ontvoering en verkragting van René Burger.
Sarietha Engelbrecht
Die polisie het gister ’n identikit uitgereik van een van die mans wat betrokke was by die ontvoering en verkragting van René Burger.

’n Groot beloning word ook aangebied vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van dié verdagte.

Die identikit is met behulp van die klaagster saamgestel. Sy kon net sy gesig onthou omdat sy kort ná haar ontvoering en aanranding haar bewussyn verloor het. Die man het op die agtersitplek langs haar in die motor gesit.

Die student is op 5 Mei oorval by die hospitaal waar sy opleiding ontvang toe sy uit haar voertuig geklim het.

Drie mans met messe het haar in die parkeerterrein terug in haar motor gedwing en na ’n leë huis in Klipheuwel geneem waar een van hulle haar glo verkrag het.

Volgens kapt. Marie Louw, polisiewoordvoerder, is die verdagtes se aandag deur iets buite die huis afgelei.

Burger kon daarin slaag om te ontsnap. Haar sleutels was nog in haar motor en sy het na haar huis in Stellenbosch gery. Haar ma en ’n vriendin het haar haar hospitaal toe geneem.

Volgens Louw het sy berading ontvang dadelik nadat sy uit die hospitaal ontslaan is.

Klagte van verkragting en kaping word ondersoek.

Enigiemand wat die man herken of enige inligting het oor waar hy hom bevind, kan insp. Ricardo Mcree by 021 592 7092 of 082 559 4598 bel. Stop Misdaad kan ook gebel word by 08600 10111. Die anonimiteit van inbellers word gewaarborg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |