Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Griep slaan SA werkgewers hard
May 15 2008 06:54:20:560PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Alicestine October

Kaapstad. - Die griep-en-verkoueseisoen slaan sommige Suid-Afrikaanse maatskappye hard, want hulle verloor jaarliks tot R2,7 miljard aan regstreekse koste oor werknemers wat weens griep of verwante asemhalingsiektes afwesig is.

Die maatskappy CAM Solutions (CAMS), wat afwesigheid in die werkplek meet deur sagte-ware wat hulle aan maatskappye uitverhuur of verkoop, het vandeesweek dié syfers bekend gemaak.

Volgens mnr. Johnny Johnson, uitvoerende hoof van CAMS, bereken hulle koste na aanleiding van afwesigheidsyfers van werknemers in maatskappye wat sagteware by CAMS koop of huur.

“Berekenings word gedoen van koste wat werkgewers aangaan in gevalle waar werknemers siek is, meestal met griep en griepverwante siektes, en steeds betaal moet word.”

“Die R2,7 miljard waarby ons uitgekom het, kan selfs tot drie keer hoër wees,” meen Johnson.

Volgens hom het die afwesigheidsyfers van werknemers wat griep of verwante asemhalingsiektes het, die afgelope drie jaar gestabiliseer.

“Dit kan moontlik aan gesonder gewoontes en beter griepmedisyne toegeskryf word.”

Die maatskappy sê in ’n verklaring die afwesigheidsyfer weens griep en asemhalingsiektes onder werknemers was in 2005 14,2%, in 2006 12,8% en in 2007 14,1%. Altesame 100 000 werknemers was deel van die steekproef. In 2007 het griep lae-rugpyn as die hoofrede vir afwesigheid geklop en het werknemers tussen die ouderdomme van 31 en 40 jaar die grootste afwesigheidsyfer getoon.

Die vervaardigers van Benylin het ’n studie gedoen waarin bevind is die meeste werkgewers verkies dat werknemers met griep of griepverwante siektes by die huis bly om te herstel. Altesame 60% van 400 werkgewers het gesê werknemers is produktiewer wanneer hulle ’n dag in die bed bly om te herstel. Altesame 82% van werkgewers wat aan ’n soortgelyke peiling van Health24 deelgeneem het, het saamgestem dat ’n afdag tot ’n vinniger herstel kan lei.

Luidens die verklaring moet mense nie loopneuse en koorsignoreer om spertye op kantoor te haal nie, want dit kan tot longontsteking of brongitis lei.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |