Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Schalk Burger se suster 'weier om 'n slagoffer te bly'
May 15 2008 08:59:51:840PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Só lyk wrede verkragter
  • Sarietha Engelbrecht

    Kaapstad. – Sy weier om ’n slagoffer te bly. Dáárom het ’n moedige me. René Burger (20) haar gister vrywillig geïdentifiseer as die vrou, waaroor daar wyd berig is, wat verlede week ’n verkragting oorleef het.

    Burger, suster van die Springbok-rugbyspeler Schalk Burger, het in ’n verklaring bevestig sy is die student wat verlede week in ’n parkeerterrein by die Tygerberg-hospitaal deur drie mans oorval, ontvoer en verkrag is.

    “Die oomblik wat jy besluit om nie toe te laat dat iets soos hierdie jou waardigheid en selfwaardering, jou vertroue in ander, jou hoop in die toekoms en jou toegewydheid tot die land wat jy liefhet vernietig nie, hou jy op om ’n slagoffer te wees,” het sy in die verklaring gesê.

    Burger het ’n verklaring uitgereik deur ’n familievriend, me. Elna Boesak, vrou van die kerkleier dr. Allan Boesak.

    “Om die slagoffer van ’n gewelddadige ontvoering en verkragting te wees, is een van die mees traumatiese ervarings wat enige vrou kan oorkom.

    “Jy het egter ’n keuse oor hoe jy op hierdie werklikheid reageer.”

    Volgens adv. Dup de Bruyn, ook ’n vriend, het me. Burger na vore gekom om ’n einde te maak aan bespiegelings.

    “Sy is nie skaam oor wat gebeur het nie. Sy baklei terug en wil vir mense wys hulle moenie moed opgee nie.”

    Volgens Boesak het sy haar hulp aangebied en het die familie haar gevra om as woordvoerder op te tree.

    Sy het gesê sy het geweldig baie respek vir me. Burger en haar familie.

    “Hulle lewer ’n ongelooflike bydrae tot die bewusmaking en de-stigmatisering van hierdie kwessie. Dit het baie waagmoed en dapperheid van haar geverg om na vore te tree.

    “Sy is ’n buitengewone jong vrou. Ek het nog min mense teëgekom wat so sterk en doelgerig is. René het ’n baie dapper ding gedoen deur na vore te kom. Sy gaan nie toelaat dat hierdie ding haar definieer nie.”

    Volgens ’n vriendin wat saam met haar in Paarl Gimnasium op skool was, is me. Burger ’n baie saggeaarde mens. “Ons was baie geskok om hiervan uit te vind. René is ’n lieflike mens. Ek kan nie glo so iets het met só ’n goeie mens gebeur nie.”

    Die polisie ondersoek klagte van kaping en verkragting. ’n Identikit van een van die aanvallers is ook uitgereik, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |