Beeld
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Partye skaar hul by Skerpioene
May 15 2008 08:40:15:477PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Fanie van Rooyen

Die ACDP, die DA, die OD en die UDM het gister as vriende van die hof ’n voorlegging by die Pretoriase hooggeregshof ingedien ter ondersteuning van die aansoek van mnr. Hugh Glenister, ’n Midrandse sakeman, om ’n interdik te bekom om die regering te keer om die direktoraat van spesiale operasies (DSO) te ontbind.

Dié vier partye het gister in ’n gesamentlike verklaring aangevoer dat die besluit om die DSO – oftewel Skerpioene – te ontbind, nie deur ’n orgaan van die staat geneem is nie, maar dat dié besluit deur die ANC geneem is om sy lede teen ondersoeke en moontlike vervolging te beskerm.

“Ons is van mening dat die volgehoue bestaan van die Skerpioene in sy huidige vorm ’n noodsaaklike element is in die stryd teen misdaad.

“Dié posisie is ook deur die Khampepe-kommissie se verslag versterk.”

Die partye het verder hul voornemens om saam en onafhanklik van mekaar stappe te doen om die ANC se “afskuwelike poging om die stryd teen georganiseerde misdaad en korrupsie te ondermyn”, te ontspoor.

“Ons sal alles in ons mag doen om te keer dat die parlementêre proses onderdruk word en dat die ANC hul meerderheid in die parlement gebruik om wetgewing deur te voer wat ons land se vermoë om misdaad te beveg sal verswak, en wat in belang van sekere ANC-leiers is.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |