Beeld
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Shabangu sê as inwoners sê skiet, sal polisie ook
May 15 2008 09:46:59:300PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cobus Coetzee

Die polisie sal met skerp ammunisie (tydens skarebeheer) skiet – as hulle daartoe gedwing word.

Só het me. Susan Shabangu, adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, gister gesê toe sy en ander ministers Alexandra in die noorde van Johannesburg besoek het.

Immigrante in dié township word sedert Sondag gewelddadig aangeval. Dié aanvalle word deur xenofobie aangevuur.

Tydens sommige van dié voorvalle het aanvallers met skerp ammunisie op die polisie geskiet.

“As die polisie tot só ’n punt gedruk word, sal hulle ook skerp ammunisie, en nie net rubberkoeëls nie, gebruik,” het Shabangu gesê.

Volgens haar het die situasie in Alexandra nog nie so ’n punt bereik nie.

Die minister het in April ’n opskudding veroorsaak toe sy gesê het polisielede moet skiet om dood te skiet. Sedert die geweld in Alexandra uitgebreek het, is 500 ekstra polisie- en metropolisielede in dié town- ship ontplooi.

“Al is die omgewing gespanne, is daar kalmte en het die polisie alles onder beheer.”

Me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van binnelandse sake, het gesê die aanvalle en geweld in Alexandra sal teen die einde van die week ophou.

“Misdadigers het die aanvalle op immigrante en Suid-Afrikaners oorgeneem. Hulle plunder huise, vermoor en verkrag. Dit móét veroordeel word.”

Vergaderings is gistermiddag by nege gemeenskapsale gehou om mense oor xenofobie in te lig en hulle te oortuig om nie aanvalle en geweld te duld nie.

Die departement van binnelandse sake sal ook geen onwettige immigrante deporteer wat slagoffers van die aanvalle was en by die polisiekantoor skuil nie.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |